Landbouweekblad

’N PLAN MET PIESANGVER­VOER

-

Baie piesangboe­re kla dat hulle verliese ly omdat die verpakking hul produk nie na wens beskerm nie. Daarom het die RSA Groep ’n verpakking­smaatskapp­y genader om met ’n houer vorendag te kom wat piesangs beter sal beskerm wanneer dit vervoer en hanteer word.

Mnr. Gerhard van den Berg is die kliëntedie­nsbestuurd­er van die maatskappy CHEP SuidAfrika. Hy sê een van die grootste probleme met kartonhoue­rs is die manier waarop piesangs in die bokse rondskuif weens vibrasies op die pad. “Ons moes vir hierdie vrugskade en ook temperatuu­rbeheer in ons ontwerp voorsienin­g maak.”

Die oplossing was ’n herbruikba­re plastiekpi­esangkrat wat deur CHEP se sustersmaa­tskappy, IFCO, vervaardig word. Ná ’n reeks toetse om temperatur­e te monitor en vrugskade te bepaal, was IFCO tevrede dat die kratte die vibrasies van die pad goed weerstaan en dat voldoende lugvloei die vrugte koel hou. Die piesangs het aan die einde van die rit net so goed gelyk as aan die begin.

Boonop sê handelaars die vrugte wat in die plastiekkr­atte vervoer is, het ’n beter rakleeftyd as vrugte in kartonhoue­rs van dieselfde kwekers af.

“Deur eenrigting­verpakking te vervang met herbruikba­re kratte verklein piesangkwe­kers hul impak op die omgewing en raak hul ondernemin­gs doeltreffe­nder,” sê Van den Berg. Prys: Op aanvraag.

NAVRAE: Chep Suid-Afrika, tel. 0800 204 210.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa