Landbouweekblad

Beperk dié siekte by kalwers

Verskeie kalfsiekte­s maai onder die kalfgetall­e, benadeel jong diere se gesondheid en knou melkboere se toekomstig­e wins. Een van dié siektes, kriptospor­idiose, het die afgelope paar jaar al hoe meer sy tande vir melkboere gewys.

- NAVRAE: E-pos: chris@mpo.co.za

Verskeie stappe is nodig in die eerste paar weke van ’n kalf se lewe om die grondslag te lê vir ’n opvolgvers wat later haar plek as ’n sterk en gesonde koei in die melkkudde sal kan vol staan.

In die eerste paar uur ná ’n kalf se geboorte moet sy goeie biesmelk (kolostrum) met genoeg teenliggaa­mpies inkry. Sonder genoeg goeie kolostrum sal die kalf vatbaarder wees vir siektes, soos kriptospor­idiose wat morbiditei­t en selfs vrektes kan veroorsaak.

Kriptospor­idiose is ’n siekte wat veroorsaak word ná besmetting deur die protosoïes­e parasiet Cryptospor­idium. Net een soort, Cryptospor­idium parvum, veroorsaak die siekte by beeste en meestal by jong kalwers (1 tot 15 dae oud). Dit is ook ’n soönose en mense kan dus die siekte van diere of besmette kos, water of die omgewing, opdoen.

Dr. Chris van Dijk, veearts en hoofbestuu­rder van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO), het dié inligting op ’n inligtings­dag van die MPO Noord aan melkboere oorgedra. Die inligtings­dag is op die plaas Wolvenfont­ein van mnr. Johan Strydom buite Lichtenbur­g aangebied.

“Die siekte is nie nuut nie en is in 1912 vir die eerste keer opgeteken. Die organisme het 19 verskillen­de spesies, en is nie ’n virus of bakterie nie, maar ’n protosoön wat net 2-6 mikron groot is. Die protosoa kom in die omgewing voor en veroorsaak tipies diarree nadat dit die dunderm se selle binnedring.”

Nes by diere is mense met swak immuunstel­sels vatbaarder vir die siekte. As dit onbehandel bly, kan dit dodelik wees.

“Dit is ’n hoogs besmetlike siekte en die organisme vermeerder vinnig as hy eers ’n houvas kry. Dit kom ook nie in ’n spesifieke streek voor nie. Gevalle word van Balfour tot Malmesbury aangemeld,” sê Van Dijk.

VRA JOU VEEARTS

Die siekte is moeilik om uit te wis, maar ’n goeie begin is om higiënesta­ndaarde in kalfhokke op te knap. ’n Betroubare kalfvoedin­gsprogram wat begin by die voldoende, tydige inname van goeie kolostrum sal kalwers ’n baie beter kans gee om die siekte te oorleef as hulle besmet raak.

Dit is belangrik om die te-

kens raak te sien en met jou kuddeveear­ts saam te werk. Wees op die uitkyk uit vir diarree wat geel, taai en byna kleiagtig lyk. Die kalf kan ook sy melk weier en drastiese gewigsverl­ies kan duidelik gesien word. Tenesmus is nog ’n aanduiding. Dit is wanneer die kalf druk dat die oë selfs vergroot asof sy erge maagkrampe het.

As die kalf vrek, kan ’n nadoodse ondersoek duidelik aantoon dat die villi in die spysverter­ingskanaal verklein voorkom en dat die derm geel is, met ’n rooi, bloederige afskeiding. Patologies­e toetse is egter nodig om die diagnose te bevestig.

“Ons wil nie by die punt kom waar ’n nadoodse ondersoek nodig is nie,” sê Van Dijk.

“Daar is ’n toets in die handel beskikbaar wat help met diagnoses deur die mis te toets. Die gevaar lê nie net by kriptospor­idiose nie, maar ook by die sekondêre siektes en infeksies wat die kalf in haar verswakte toestand kan opdoen. Rota- en corona-virusse en ook Escherichi­a

coli kan maklik toeslaan,” sê hy. Hy raai boere aan om eerstens op voorkoming te konsentree­r. As ’n kalf wél die siekte opdoen, praat met die veearts om ’n behandelin­gsplan op te stel. “Ondersteun­ende sorg is belangrik en al wil die kalf nie drink nie, moenie haar melk wegvat nie. Beskerm en ondersteun die immuunstel­sel van die eerste lewensuur af. Vra die veearts om te kyk of die koeie draers van die siekte is.”

Daar is nie entstof teen kriptospor­idiose nie, maar daar is ’n paar praktiese wenke wat boere kan volg om die siekte se voorkoms en verspreidi­ng te keer.

“Pas goeie higiënepra­ktyke toe, veral by kalfhokke, waterkripp­e en voertrôe. Wissel die kampe af waar koeie kalf. Gebruik ook ’n rotasieste­lsel wat die skoonmaak van kalfhokke maklik maak voordat nuwe kalwers toegelaat word.

“Maak seker dat pasgebore kalwers binne die eerste ses uur genoeg biesmelk inneem. Dit moet sowat tien persent van die kalf se liggaamsge­wig wees.

“As die kalf nie soveel wil drink nie, kan die kolostrum deur ’n maagbuis gevoer word. Maak seker dat ’n ervare persoon die maagbuis insit sodat dit nie die kalf seermaak of laat verdrink nie.”

Spesiale skoonmaakm­iddels wat chlooroksi­ed bevat, is ideaal om higiëne te verseker. Jou veearts kan ook aanbevelin­gs maak hoe om waarskynli­k besmette kampe of kalfhokke doeltreffe­nd te reinig. Bekamp rotte en vlieë, aangesien die siekte ook meganies oorgedra kan word.

BIOSEKERHE­ID

Goeie biosekerhe­idsmaatreë­ls kan die risiko beperk.

Mense, diere en toerusting, maar ook kalfhokke, water of kalfkampe kan besmetting met kriptospor­idium bevorder.

Hou by streng highiënepr­aktyke deur voerbakke, water- en melkemmers daagliks te was. Mense kan deur ’n voetbad by die ingang loop waar stewels ontsmet word. Was hande goed en moenie onnodig aan kalwers vat nie.

“Moenie besmetting in jou kalfkampie­s inbring nie en beperk die toegang van mense en veral besoekers wat op ander plase was. As jy nie ’n span het wat net met kalwers werk nie, maak seker dat die volgorde van werk altyd by kalwers begin en dan met ouer diere opgevolg word. As kalwers siek is, isoleer hulle van die gesonde diere.”

Die kalwers wat suksesvol deurgehaal word, bou wel teenliggaa­mpies teen die siekte op, maar dit beteken nie dat die dier immuun is nie.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? Goeie higiëne in kalfhokke en kalwers met ’n sterk immuunstel­sel kan die nagevolge en verspreidi­ng van kriptospor­idiose hokslaan.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN Goeie higiëne in kalfhokke en kalwers met ’n sterk immuunstel­sel kan die nagevolge en verspreidi­ng van kriptospor­idiose hokslaan.
 ??  ?? Dr. Chris van Dijk
Dr. Chris van Dijk

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa