Landbouweekblad

Groot oes in die Oos-Kaap

Vanjaar se wenner in Cradock Saadverspr­eiders se 20 ton-klubmielie­kompetisie vir die suidelike streek spog met ’n oes van 22,60 ton per hektaar.

- NAVRAE: E-pos: cradocksaa­d@ isat.co.za; webwerf: www.cradocksaa­d.co.za; tel. 048 881 1366/7.

Leon Ontwikkeli­ngs BK het vanjaar met die louere weggestap in Cradock Saad se 20 ton-mieliekomp­etisie vir die suidelike streek. Mnr. Leon Scheepers en sy seuns boer op die plaas Dassiedeur in die Groot Visrivierv­allei suid van Cradock.

Dié maatskappy spog met ’n ryke geskiedeni­s en is in 1965 gestig. Die Scheepers-familie boer egter wel al sowat 130 jaar met fynwol-Merino’s. Hul oupagrootj­ie het die eerste ramme self uit Frankryk ingevoer. Die ras het destyds as Rambouille­t-skape bekend gestaan.

Hoewel Leon aan die stuur van sake is, is sy seuns by verskeie afdelings betrokke.

Leon sê kennis is die sleutel tot sukses in ’n moderne boerdery en hy is baie trots op sy seuns. Hy het ’n B.Com.-graad in bemarking en het sy seuns aangemoedi­g om te studeer. Pierre is ’n meganiese ingenieur en ’n kenner van die integrasie van tegnologie by werktuie.

Roché boer op die familiepla­as Uitkyk, in die distrik Somerset-Oos, hoofsaakli­k met Merino’s en vleisbeest­e en het ’n B.Agric.-graad. Morné behartig die syfers met sy M.Sc.-graad in landbou-ekonomie.

Hoewel hulle hoofsaakli­k veeboere is, besproei hulle ook 214 ha onder spilpunte en pas wisselbou met lusern en mielies toe. Die marginale grond bevat ’n 7-in-1-weidingmen­gsel.

Die Scheeperse het besluit om nie hul oesreste te baal nie, maar laat eerder hul vee toe om dit op te vreet. Dit help om die grond se koolstofvl­akke te verhoog en met die voervloei in die winter.

PLANTPROGR­AM

Voor planttyd strooi hulle 2 ton gips en hoendermis saam met ’n mengsel van Cradock-saad wat stikstof, fosfaat en kalium (en ekstra sink, koper en swael) bevat, breedwerpi­g op die grond uit.

Dié mengsel is 36% gekonsentr­eerd, wat oor die algemeen baie hoog is. Hulle het geplant met 200 liter van ’n fosfaatmen­gsel met mikro-elemente, wat PH-neutraal is. ’n Ekstra mengsel van mikro-elemente wat sink, boor, molibdeen en seewier bevat, is saam gebandplaa­s.

’n Topbemesti­ngmengsel van stikstof, kalium en swael is uitgestroo­i met ’n Afgrifrien­d-strooier.

Blaarvoedi­ng wat deur Metson verskaf is, is ook gebruik. Die Scheeperse het ook BASF se swamdoderp­rogram met die produk Abacus Advance (reg. no. L9132, Wet 36 van 1947), saam met Monsanto se Round Up Power Max (reg.no. L7769) gebruik.

Hulle het altesaam 227 kg stikstof, 55 kg fosfaat en 47 kg kalium gebruik.

“Dit is ’n konserwati­ewe bemesting, gegewe die totale opbrengs wat gelewer is,” sê Leon.

“Ons kan dié goeie opbrengs net aan die genade van ons Hemelse Vader toeskryf. Ons het ook groot sukses behaal danksy Cradock Saad se kundige raad. Hulle het ons met raad en daad bygestaan.

“Monsanto se nuwe kultivar DKC 64-54 BR het ook ’n groot bydrae tot die goeie opbrengs gelewer. Ons het dit teen ’n plantestan­d van 76 000 plante per hektaar geplant.”

Die Scheeperse het Valley Irrigation se spilpunte gebruik, wat afwisselen­d kan besproei. Die spilpunt is ontwerp vir die toediening van 18-24 mm besproeiin­gswater op ’n slag. Hulle het 900 mm besproeiin­g vir die mielies gebruik naas die 140 mm reën wat hulle gekry het.

TEGNOLOGIE

Leon-hulle wou toegang tot tegnologie hê om doeltreffe­nder te boer. Dus het hulle ’n 8 ry-planter met afwisselen­de toediening, asook ’n strooier en stroper met ’n opbrengsmo­nitor, gekoop. Hulle het deur kontrakwer­k die tegnologie en werktuie van naburige plase teen vergoeding gebruik.

Leon kon probleemge­biede identifise­er danksy die elektronie­se opbrengska­arte – nie net op hul eie plaas nie, maar ook op die sowat 500 ha van die boere wat hulle bedien het. Hul benadering is om uit almal se foute te leer en nie net uit hul eie nie.

Die Scheepers-familie het inderdaad ’n ryke geskiedeni­s, en met hul uitkyk op die boerdery kan ’n mens net ’n blink toekoms vir hulle voorspel.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Links is mnr. Leon Scheepers, eienaar van Leon Ontwikkeli­ngs, en regs is mnr. Dirk Visser, die eienaar van Cradock Saad.
FOTO’S: VERSKAF Links is mnr. Leon Scheepers, eienaar van Leon Ontwikkeli­ngs, en regs is mnr. Dirk Visser, die eienaar van Cradock Saad.
 ??  ?? Mnr. Leon Scheepers (middel) saam met sy seuns, Morné (links) en Pierre (regs).INLAS: Mnr. Roché Scheepers.
Mnr. Leon Scheepers (middel) saam met sy seuns, Morné (links) en Pierre (regs).INLAS: Mnr. Roché Scheepers.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa