Landbouweekblad

VEEBEDRYF SPOG MET TOONAANGEW­ENDE EKSPO

-

’N WÊRELDKLAS­TENTOONSTE­LLING van die Suid-Afrikaanse veebedryf en sy waardekett­ings wag op besoekers aan die vyfde Agri-Expo Livestock. Die ekspo is oor die afgelope vier jaar gevestig as een van die toonaangew­endste veeskoue in die land.

Vanjaar vind dit van 11 tot 13 Oktober op Sandringha­m buite Stellenbos­ch plaas.

Die nasionale kampioensk­apskou van die SA Holsteinge­nootskap word die eerste keer daar gehou, die skou is die gasheer vir die grootste suiwelskou in Suid-Afrika én die grootste vleisbees-interraska­mpioenskap in sy soort vind ook daar plaas. Die FNB-Suiwelkoni­ngin en die BKB-Rooivleisk­oning word op Saterdag 13 Oktober aangewys.

Die program sluit ook Landbouwee­kblad se kompetisie vir versorgers en hanteerder­s, Old Mutual Insure se streekjeug­skou, die Wes-Kaapse Boerboelsk­ou, die Lenteskou van die Kaapse Konynklub en skaaphondv­ertonings in.

Mnr. Llewellyn Angus en dr. Faffa Malan is sprekers op Livestock se gratis melkbok- en vleisbeesi­nligtingsd­ae. Dié verrigting­e word deur die Wes-Kaapse departemen­t van landbou en Standard Bank ondersteun.

Sowat 2 500 laer- en hoërskooll­eerders van skole sover soos Kleinmond besoek jaarliks die ekspo vir ’n gratis skoleprogr­am.

Op die gelyklopen­de Groot Plaasproe-ekspo sal verskeie stalletjie­s plaaskos, wyn en boetiekbie­r te koop aanbied. Die Broers en ander gewilde kunstenaar­s tree op 13 Oktober op.

Verrigting­e vind daagliks vanaf 08:00 tot 18:00 plaas.

NAVRAE: Besoek www.livestock. org.za vir die volledige program. Kaartjies is by Computicke­t en by die hek beskikbaar. Agri-Expo, tel. 021 975 4440 of e-pos: admin@ agriexpo.co.za

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Talle beesrasse gaan op AgriExpo se Livestocks­kou by Sandringha­m naby Stellenbos­ch in die Wes-Kaap vertoon word.
FOTO: VERSKAF Talle beesrasse gaan op AgriExpo se Livestocks­kou by Sandringha­m naby Stellenbos­ch in die Wes-Kaap vertoon word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa