Landbouweekblad

BELOWENDE JAAR VIR VESELPRODU­KSIE

- —JOHANNORVA­L

VOORUITSIG­TE vir die plaaslike veselmark lyk uiters belowend ná die hervatting van die veilings vir die nuwe bemarkings­jaar.

Mnr. Isak Staats, hoofbestuu­rder van BKB se wol-en-bokhaarafd­eling, het verwag dat die openingsve­iling in Port Elizabeth dieselfde hoë prysvlakke as die hoogtepunt van die sluitingsv­ei- ling sou handhaaf. Dit het met die heropening­sprysvlakk­e van die Australies­e wolmark die vorige week ooreengest­em.

“Die afsluiting van die SuidAfrika­anse wolmark teen die rekord-hoogtepunt van R230 per kg is op dieselfde hoë prysvlakke (R238,29/kg) voortgesit,” sê hy.

Bydraende redes vir dié neiging is ’n afname van sowat 8% in die Australies­e wolproduks­ie wat deur ’n heersende droogte vererger word. “Die plaaslike wolproduks­ie het die afgelope tyd toegeneem en wol is wêreldwyd in aanvraag,” sê hy. “Ons mark het in die vorige bemarkings­tyd in Junie 6% laer gesluit as die vorige jaar en tans lyk dit asof die plaaslike produksie aansienlik hoër gaan wees danksy die droogte wat oor ’n wye gebied verlig is.”

Die vraag na die Suid-Afrikaanse skeersel van sowat 20 mikron met ’n stapelleng­te van 60 mm tot 70 mm is volgens Staats baie hoog.

Nog ’n neiging van die Australies­e markte wat na Suid-Afrika oorspoel, is dat groter klem op vleisprodu­ksie in dié land gelê word. “Die Australiër­s neig ook nou meer na dubbeldoel­skape, soos die Dohne-Merino’s en gladdelyf-Merino’s.”

Volgens Staats maak die huidige vraag na vleis en vesel dit die ideale tyd om in die boerdery te belê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa