Landbouweekblad

FORUM KIES NUWE LEIER

-

DIE Rooivleisb­edryfsforu­m, wat die hele rooivleis-waardekett­ing van die boer tot by die verbruiker verteenwoo­rdig, het ’n nuwe leier.

Mnr. Koos van der Ryst, voorsitter van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e, is op die forum se jaarvergad­ering tot voorsitter verkies in die plek van mnr. Dave Ford, wat uitgetree het. Ford het bedank as uitvoerend­e direkteur van die SA Voerkraalv­ereniging en was nie weer beskikbaar om as voorsitter van die forum te dien nie, maar het ingestem om vir ’n tydperk as ’n konsultant op te tree.

Mnr. Kabols le Riche van die Rooivleisa­battoirver­eniging is as ondervoors­itter gekies in die plek van mnr. Tim Davidson van die Nasionale Federasie van Vleishande­laars. Die ander lede van die bestuursko­mitee is mnre. David Osborne van die SA Varkvleisp­rodusente-organisasi­e, Aggrey Mahanjana van die nasionale organisasi­e vir opkomende rooivleisp­rodusente (Nerpo), Gerhard Schutte van die Rooivleisp­rodusente-organisasi­e (RPO) en Georg Southey van die Vereniging van Vleisinvoe­rders en -Uitvoerder­s.

Davidson is herkies as voorsitter van die forum se nakomingsk­omitee. Mnr. Andrew Cocks van die SA Vleisverwe­rkingsvere­niging en Barry Swart, ’n onafhankli­ke finansiële raadgewer, is herkies tot die heffingsko­mitee.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa