Landbouweekblad

VOERKRALE VERSKAF DIE MEESTE VLEIS

- — CHARL VAN ROOYEN

Die Suid-Afrikaanse voerkraalb­edryf bestaan uit sowat 60 voerkrale met ’n gesamentli­ke vermoë van 420 000 beeste, het mnr. Danie Bosman, onafhankli­ke beesraadge­wer, op die Winton-boeredag by Kathu in die Noord-Kaap gesê.

Die voerkrale voer 1,5 miljoen beeste en het ’n omset van R25 miljard per jaar. Saam produseer hulle 300 miljoen kg beesvleis (gemeet slegs aan groei in die voerkraal). Die Karan-voerkrale alleen slag 35 000 beeste per maand, oftewel sowat 400 000 beeste per jaar.

Sommige voerkrale het hul eie slaggeriew­e. Suid-Afrika kan egter steeds nie genoeg beesvleis aan die bevolking voorsien nie. Sowat 250 000 speenkalwe­rs word vanaf Namibië ingevoer.

Ongeveer 90% van die beesvleis wat in stede verkoop word, word in voerkrale geprodusee­r. Sowat 70% van Suid-Afrika se bevolking woon in stede en is dus van vleis vanuit voerkrale afhanklik.

Die verbruiker wat puik vleis soek, kan nie geïgnoreer word nie.

Sekere voerkrale wil reeds nie meer sekere beesrasse of kruise aanvaar nie omdat dié rasse se vleis volgens hulle nie van die gewenste gehalte is nie.

In Brasilië verander die bedryf ook weens die verbruiker se aandrang op gesogte snitte. Hulle rond gaandeweg ál meer Britse kruisbeest­e af. ’n Sekere slaghuis in São Paulo verkoop byvoorbeel­d slegs Bonsmaravl­eis. Hulle kan nie voorbly met die voorsienin­g van beter vleis aan die publiek nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa