Landbouweekblad

TALLE ONGEWONE SLAAISOORT­E GEËVALUEER

- — JOHAN COETSEE

Omtrent elke 18 maande kom ’n nuwe, ongewone soort slaai in produksie in SuidAfrika. Tans word 20 ongewone slaaisoort­e – meestal uit Nederland – geëvalueer. Daarvan is ’n paar uitstekend en sal ’n heeltydse plek op die SuidAfrika­anse slaaibord behou, sê mnr. Hugo Burger, tegniese bestuurder van die maatskappy Hygrotech, Stellenbos­ch.

Slaaie in SuidAfrika is hoofsaakli­k van sewe soorte, naamlik Batavia (rooi en groen met gekartelde blare), Butterhead (groen), Oakleaf (rooi en groen in ’n eikeblaarv­orm), Little Gem (groen en rooi), Cos (rondeblaar en spearsoort, groen en rooi), Lollorassa (gekartelde rooi en groen), en Multileaf (groen en rooi).

Veral ’n paar van die spearsoort­e maak Burger opgewonde. “Daar is minstens vier nuwe Butterhead­soorte wat belowend lyk.”

Van die kultivars is reeds vanjaar bekend gestel vir kleinskaal­se kommersiël­e aanplantin­g. Van die soorte wat geëvalueer word, is daar ’n paar “wat nie die paal gaan haal nie weens swak kleur”.

“Ons is gedurig op soek na nuwe, ongewone slaaisoort­e in die buiteland wat in plaaslike toestande getoets kan word.”

Elke jaar word die verskeiden­heid op die plaaslike verbruiker se slaaibord groter, want namate nuwe soorte slaai bykom, verdwyn die ouer soorte nie. “Mense soek steeds die ouer soorte en die vraag daarna daal nie juis nie.”

Wat slaaiverbo­uing veral lonend maak, is dat dit reg deur die jaar geplant en geoes kan word, veral in Gauteng, die Wes en die OosKaap en KwaZuluNat­al.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa