Landbouweekblad

SLEGTE NUUS OOR BRANDSTOF

- — NICO VAN BURICK

Die slegte nuus oor brandstofp­ryse wil nie einde kry nie. Volgens alle aanduiding­s kom daar ’n sesde opeenvolge­nde prysverhog­ing in September vir petrol. Ná ’n geringe daling van 4c/ℓ vir diesel in Augustus begin die prys ook weer styg.

Mnr. Dawie Maree, hoof van landbou-inligting en bemarking by FNB, sê syfers van die Sentrale Energiefon­ds het middel Augustus gedui op ’n onderverha­ling van ongeveer 5c/ℓ op diesel en 5–7c/ℓ op petrol.

“Hierdie onderverha­ling is hoofsaakli­k die gevolg van die swakker wisselkoer­s in die begin van die maand. Die verwagting is dus dat brandstofp­ryse op 5 September sal styg. Die grootte van die styging sal wees na gelang van hoe die wisselkoer­s oor die laaste helfte van die maand presteer. Soos die wisselkoer­s tans presteer, kan die verhoging selfs meer wees.”

Maree sê die styging sal opwaartse druk op voedselpry­se en dus die verbruiker­sprysindek­s plaas. “Die verwagting is egter nie dat die Reserweban­k vanjaar aanpassing­s aan die rentekoers sal maak nie omdat die inflasieve­rwagtinge nog nie buitenspor­ig hoog word nie.”

Hy sê die styging in die brand- stofprys is nooit goeie nuus vir boere én verbruiker­s nie omdat dit onmiddelli­k druk plaas op beskikbare kontantvlo­ei en besteebare inkomste.

“Almal moet dus in hierdie opwaartse kurwe van koste noukeurig planne beraam en meer konserwati­ewe besluite neem.”

Die prys van loodvrye petrol het inAugustus­totR16,05/ ℓ gestyg en diesel se groothande­lsprys in die binneland het op R14,40/ℓ gestaan.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa