Landbouweekblad

ALLES AAN DIÉ BOVELDER IS ‘NET REG’

- — ALET VAN DER WALT

Die veiling van Maritz Bovelders en Boshoek Bovelders op Memel het goeie waarde vir kopers gebied, sê mnr. Jaco Maritz.

Maritz was baie tevrede nadat een van sy bulle teen R300 000 verkoop is en sê hy het geweet die bul M150465 (foto bo) is puik teelmateri­aal. Die bul het min foute en al sy syfers is uitstekend. Sy ma is baie vrugbaar en sy speen- en groei-indeks is goed, sê Maritz.

Mnre. Cronjé Deale van Vrede en Farmer Skead van Estcourt het saam die bul gekoop. Deale en Skead sê hulle wil later van die bul se semen verkoop. Hulle glo daar sal ’n vraag na sy semen wees. Hulle sal ook self die bul vir kunsmatige inseminasi­e gebruik. Deale sê “alles aan dié bul is net reg”.

Maritz het nog twee bulle teen onderskeid­elik R170 000 en R180 000 verkoop.

Mnr. Paul van Niekerk van Boshoek Bovelders se duurste bul is teen R160 000 verkoop, terwyl hy ook onderskeid­elik R130 000, R150 000 en R100 000 vir drie ander bulle gekry het. Altesaam 77 bulle is teen gemiddeld R69 545 verkoop.

Dragtige koeie het gemiddeld R17 583 behaal, terwyl dragtige verse teen gemiddeld R16 750 verkoop is.

Die duurste nie-dragtige vers, R14 000, die duurste dragtige vers, R17 500, en die duurste dragtige koei, R18 500, is almal deur Van Niekerk geteel.

BKB Louwid het die veiling aangebied.

 ?? FOTO'S: VERSKAF ?? Van links is mnre. Jaco Maritz, Jan Mostert, afslaer en streeksbes­tuurder van BKB, Cronjé Deale en Farmer Skead, kopers, en Wentzel Vorster, takbestuur­der van BKB Frankfort.
FOTO'S: VERSKAF Van links is mnre. Jaco Maritz, Jan Mostert, afslaer en streeksbes­tuurder van BKB, Cronjé Deale en Farmer Skead, kopers, en Wentzel Vorster, takbestuur­der van BKB Frankfort.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa