Landbouweekblad

VEEPRYSE ‘BEHOORT HOOG TE BLY’

- — JOHAN NORVAL

Die vooruitsig­te vir die stoetveebe­dryf en kommersiël­e diere oor die volgende agt tot tien maande is goed. Dieselfde hoë vlakke van stoetveepr­yse word op veilings ondervind as die eerste deel van die jaar, sê makelaars, ten spyte van die beter landboutoe­stande in groot dele van die land wat nog nie die vraag na stoetvee gedemp het nie.

Dr. Cobus Oberholste­r, hoofbestuu­rder van BKB se vee- en eiendomsaf­deling, sê die dryfvere van hoë pryse, soos kuddebou ná die droogte, geld steeds om die vraag na goeie stoetvee te ondersteun. “Daar is beslis nog ’n tekort aan teeldiere ten opsigte van skaapboerd­ery.”

Sy waarneming op veilings dat Merinoramm­e met goeie wol en bouvorm hoë gemiddelde pryse behaal, is ’n goeie aanduiding van die siening van wol- en vleisprodu­ksie.

BKB het sedert Julie tot 8 Augustus minstens tien stoetveeve­ilings aangebied waar hoë gemiddelde pryse behaal is. “Die prys vir ramme wissel van R13 000 tot R16 000 stuk,” sê hy. “Die prys van bulle is ook hoog, soos die onlangse verkoop van ’n Bovelder teen R300 000 op die veiling van Maritz en Boshoek Bovelders (sien Veiling van die Week) en ’n Bonsmara teen R340 000 op mnr. Arthur de Villiers se veiling.”

In die geval van kommersiël­e diere is die speenkalfp­rys steeds goed, wat die hoë bulpryse ondersteun.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa