Landbouweekblad

Minimum loon goedgekeur, President moet nou teken

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Nasionale Raad van Provinsies (NRP) het die wetsontwer­p op die nasionale minimum loon goedgekeur. Dié wetgewing sal in werking tree sodra pres. Cyril Ramaphosa dit onderteken.

Dié wetsontwer­p bepaal dat niemand in Suid-Afrika minder as ’n basiese loon van R20 per uur mag verdien nie.

Mnr. Jackson Mthembu, parlementê­re hoofsweep van die ANC, sê die minimum loon sal tot voorgesê deel wees van die sowat 75% van landbouwer­kers wat minder as R2 000 per maand verdien, en 90% van huiswerker­s wat minder as R3 120 per maand verdien.

Die Regering het beoog dat die loon op 1 Mei vanjaar in werking sou tree. Parlementê­re prosesse moes egter eers voltooi word en die proses kon nie kunsmatig versnel word nie. Dit het ’n tydelike blaaskans gebied aan diegene wat werkers te min betaal.

Ramaphosa het as adjunkpres­ident die ondersoekp­roses na ’n minimum loon gelei. Die doel is om armoedsvla­kke en ongelykhei­d te verminder.

Ander arbeidswet­gewing wat die NRP aanvaar het, is die wysigingsw­et op arbeidsver­houdinge, die wysigingsw­et op basiese diensvoorw­aardes en die wysigingsw­etsontwerp op arbeidswet­te.

Mnr. Matthew Parks, Cosatu se parlementê­re koördineer­der, sê die wetgewing sal miljoene werkers se lone laat toeneem. “Dit sal toesien dat die lone van plaas- en huiswerker­s binne twee jaar verbeter word. Dit sal ’n groot kontantins­puiting vir werkers wees.”

Werkgewers wat nie die wetgewing nakom as dit bekragtig is nie, sal beboet word, tensy hulle kwytskeldi­ng gevra en dit gekry het.

 ?? FOTO: GCIS ?? Mnr. Jackson Mthembu
FOTO: GCIS Mnr. Jackson Mthembu

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa