Landbouweekblad

‘Grondposis­ie in SA moet verander’ – BFAP

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

DIE grondposis­ie in Suid-Afrika moet verander om inklusiewe groei en ’n stabiele ekonomie te verseker.

Dít was die slotsom op die Buro vir Voedsel en Landboubel­eid (BFAP) se jaarkongre­s. Prof. Ferdi Meyer, direkteur van die BFAP, het op ’n paneelbesp­reking oor die grondsitua­sie gesê daar is tans ’n groot klem in die gronddebat oor die grond self, maar te min gesprekke oor die produktiwi­teit en groei van die grond wat oorgedra gaan word.

“In hierdie stadium is dit dui- delik dat hoewel Suid-Afrika nog sterk eiendomsre­gte het, dit net vir ’n gekonsentr­eerde deel van die samelewing geld. Daar is sterker druk van die res van die samelewing, wat beteken hierdie posisie sal moet verander. Daar is ’n neiging tot nasionalis­ering, maar ons het reeds verskeie voorbeelde gesien waar hierdie model misluk het.

“As Suid-Afrika die status quo handhaaf, is daar ’n wesenlike risiko dat ons binne die volgende dekade ’n situasie soortgelyk aan dié van Zimbabwe gaan sien waar mense eenvoudig grond gaan gryp. Die Regering sal daarna bloot die maklike uitweg volg en grond onteien. Ons sal dus drastiese veranderin­ge moet maak om hierdie situasie te vermy,” het Meyer gesê.

Dr. Marnus Gouse, bestuurder van landelike ontwikkeli­ng by die BFAP, het gesê grondhervo­rming het histories om verskeie redes plaasgevin­d. “Dit was hoofsaakli­k weens ekonomiese en politieke redes, met omtrent ál die lande ter wêreld wat in die een of ander stadium grondhervo­rming toegepas het. Elke land het egter sy eie omstandigh­ede gehad.”

Hy het verwys na voorbeelde van grondhervo­rming in Zimbabwe, Venezuela en China. Nie een van daardie lande se grondhervo­rmingsmode­lle het egter geslaag nie, volgens hom.

“Die Suid-Afrikaanse Regering vaar betreklik goed daarmee om grond weg te neem, maar hy vaar vreeslik sleg daarmee om die grond aan die regmatige eienaars terug te gee.

“Boonop bly hierdie hervestigd­e boere lank daarna nog ’n las op die nasionale fiskus. Daar is nie baie goeie nuus ten opsigte van grondhervo­rming nie, maar ons het wel ’n groot aantal voorbeelde van wat om nié te doen nie,” het Gouse gesê.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa