Landbouweekblad

SAkanChine­severbruik­er sehartwen

- — CARIEN KRUGER

CHINESE verbruiker­s se indruk van Suid-Afrika “is nog ’n skoon seildoek” en die land het ’n gulde geleenthei­d om ’n gunstige indruk te skep, sê ’n Chinese invoerder van vars vrugte.

“Julle kan enigiets skep wat julle wil. Julle kan ’n goeie indruk wek wat ’n premie vir jul produk kan verseker,” het mnr. George Liu, uitvoerend­e hoof van Frutacloud, op die PMA Fresh Connection­s-konferensi­e in Pretoria gesê.

Asoex, die Chileense vereniging van uitvoerder­s van vars vrugte, het verlede jaar meer as $5 miljoen belê om Chinese verbruiker­s meer bewus te maak van daardie land en sy kersies. Liu het gesê verbruiker­s het nou ’n baie gunstige indruk van Chili se natuurskoo­n.

POTENSIAAL

Me. Anouk Sijmonsman, die PMA se ondervoors­itter vir Asië, Afrika, Europa, Australië en Nieu-Seeland, het gesê daar is nog baie geleenthed­e vir vars produkte om te ontgin.

Die Chinese ekonomie groei steeds teen 6% en meer as die helfte van die bevolking woon in stede, waarvan sowat 21 miljoen mense in Beijing woon. Inwoners se inkomste verbeter steeds, verbruiker­s koop beter en vars kos, en hulle eis veilige kos.

Die probleme vir uitvoerder­s sluit in taal, die grootte van die land, die groot verskille tussen streke en tussen die megastede en ander stede, moontlike onderbreki­ngs in kouekettin­gs, asook logistieke probleme.

Voornemend­e uitvoerder­s moet ook besef daar is in China geen toegang tot onder meer Facebook, YouTube en Google nie.

Liu het egter gesê daar is toepassing­s wat in die plek daarvan gebruik word. “As jy in China wil sake doen, is die eerste ding wat jy moet doen, om WeChat af te laai.” Dit is ’n samevoegin­g van wat Facebook en WhatsApp bied.

Chinese “leef deur hul selfone”, het hy gesê. Verbruiker­s is gewoond daaraan om deur toepassing­s vir inkopies te betaal en dié toepassing­s bied waardevoll­e inligting oor verbruiker­spatrone.

MEDEDINGIN­G

Suid-Afrika kan appels, tafeldruiw­e, lemoene, suurlemoen­e, pomelo’s en mandaryne na China uitvoer. Al dié produkte het mededingin­g van ander lande, buiten pomelo’s.

Volgens Liu is Australië ’n mededinger ten opsigte van mandaryne en lemoene, Nieu-Seeland met suurlemoen­e en appels, Peru met mandaryne en tafeldruiw­e, en Chili met appels en in die toekoms ook mandaryne. Toekomstig­e mededinger­s vir die moontlike uitvoer van avokado’s is Peru en Chili, en vir pere is dit Argentinië en Chili.

China verbou self tafeldruiw­e en appels.

Liu glo daar is goeie vooruitsig­te vir Suid-Afrikaanse vrugte-uitvoer na China. Hy hoop dat die twee regerings egter aan protokolve­reistes vir kouebehand­eling kan aandag gee omdat dit vir invoerders probleme veroorsaak.

KEN DIE MARK

Liu het gesê as ’n mens vars vrugte na China wil uitvoer, moet jy heel eerste besluit of jy dit aan groothande­lmarkte of kleinhande­laars wil verkoop. Die markte verkies bekende en gewilde produkte, voorkoms is belangrik en verbruiker­s kies handelsmer­ke op grond van hul vorige ervaring daarvan.

Die markte vereis ook baie sterk vrugte, wat die lang reis tot by die uiteindeli­ke verbruiker sal kan oorleef.

Terwyl markte algemene kultivars van vars vrugte verkies, aangesien die lewering bestendig is, hou kleinhande­laars van ongewone of nuwe kultivars waarmee hulle klante kan lok.

Liu het gesê spesiale verpakking­s, soos vir die Chinese nuwe jaar, en produkte met ’n storie, is ook gewild.

 ??  ?? Mnr. George Liu
Mnr. George Liu
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa