Landbouweekblad

Grondkwess­ie: Dieboere gaan (nog) nêrens nie

Die voortduren­de uitsprake oor onteiening sonder vergoeding demp die kopersmark. Daar is egter nog nie paniekverk­ope nie en boere en beleggers belê traag. Beweging in die mark word net in gevalle van winskopies gesien – daar bly steeds ’n premie op huurgr

-

Die gronddebat het van rat verander. Ná die meer as 1,1 miljoen skriftelik­e voorstelle en die kommissie se openbare verhore sal dit ’n toegewyde en uitnemende span verg om uit die berg inligting binne die toegelate tyd vorendag te kom met ’n verslag en aanbevelin­gs om die Suid-Afrikaanse grondkwess­ie te beredder. Dit is voorafgega­an deur ’n voortydige aankondigi­ng dat die ANC sal voortgaan met Grondwetwy­sigings om grondhervo­rming te versnel.

Die tyd het uitgeloop om met “ligsinnige grappies” om te gaan oor sake wat die kern van die land se voortbesta­an raak, en die landbou is onlosmaakl­ik deel van Suid-Afrika se DNS.

Sedert die aankondigi­ng in Februarie het baie water in die see geloop en is baie debat gevoer, maar in watter mate is die kommersiël­e landbou geraak?

In die volgende maand sal plaasverko­pe ’n meer konkrete geheelbeel­d kan gee aangesien dit die marksentim­ent sedert die ANC se aankondigi­ng sal weerspieël, maar intussen is dit belangrik om die wigte en teenwigte van die ekonomies politieke kringloop in oënskou te neem, ongeag watter trom enige politieke party slaan of wat ’n kwasi-kenner oor die kwessie kwytraak.

GUNSTIG EN ONGUNSTIG

Eerstens is dit te verstane dat die vloed retoriek – meestal saamgeflan­ste, ongeverifi­eerde feite of hoogstens ’n mening – deur al wat mediakanaa­l is die landbou wanhopig sal stem. Dit word ondersteun deur die jongste vertrouens­indeks van Agbiz en die Onafhankli­ke Ontwikkeli­ngskorpora­sie, wat van 58 tot 54 indekspunt­e verlangsaa­m het.

Tot voor pres. Cyril Ramaphosa se aankondigi­ng het baie boere ’n wag-en-sien-houding ingeneem, en dit lyk nie of belegging in die sektor al deur die kwessie benadeel is nie.

Tot onlangs was daar nog ’n onderligge­nde hoopvolhei­d in die landbou, benadruk deur trekker- en stroperver­kope wat in Junie in ’n jaar-op-jaar-vergelykin­g met onderskeid­elik 19% en 25% verhoog het.

WAT WYS GRONDNEIGI­NGS?

Die groot vraag is egter waar staan grondneigi­ngs. Dit is nog te vroeg om die invloed van die gronddebat te bereken, maar daar is tog die volgende aanwysers: Vir die vyf maande van Desember 2017 tot April 2018 (ná die ANC-kongres en die jongste verwerkte inligting), op ’n jaargronds­lag, het 1 754 (2017-’18) teenoor 1 716 (2016-’17) transaksie­s vir grond groter as 10 ha plaasgevin­d. Wat kommersiël­e grond betref, is vir die tydperk van vyf maande in 2017-’18 675 488 ha teenoor 663 786 ha in die vorige vergelyken­de tydperk in 2016-’17 verhandel. (Dit is ’n verhoging van 1,7%.) ’n Gemiddelde prys van R9 908 per hektaar is vir 2017-’18 aangeteken, teenoor

R10 606 per hektaar vir die vergelyken­de vyf maande van 2016-’17 (6,6% laer). ■ Met die uitsonderi­ng van grond kleiner as 50 ha, waar die aantal transaksie­s van 31% tot 34% vermeerder het, het die verkope in die res van die kategorieë vir plase se grondgroot­tes min beweging getoon. Die algemene ekonomiese klimaat en die nagevolg van die droogte speel in hierdie stadium die grootste rol in grondverha­ndeling. Uit data-oordragte blyk dit dat ’n migrasie van boerderybe­drywighede plaasvind met die oog op risikovers­preiding. Boere koop byvoorbeel­d in ander streke grond.

WERKLOOSHE­ID

Vir die suksesvoll­e instelling van grondhervo­rming, die algemene belang en lewenswels­tand van die Suid-Afrikaanse bevolking, sal gegronde beginsels en feite in beleid en strategie vervat moet word. Grondhervo­rming sonder ’n uitkomsger­igte strategie – met of sonder vergoeding – is ’n weldeurdag­te manier om die land vinnig te vernietig.

Twee faktore dryf waarskynli­k die ANC se benoude spronge in die grondduist­ernis aan.

Die werklooshe­idsyfer onder die jeug is tans meer as 48%, en teen die huidige bevolkings­groei kan dit tot ver meer as 50% toeneem. Die pas waarteen die bevolking toeneem, sal meebring dat meer as die helfte van die bevolking jeugdiges gaan wees. Minstens 26 miljoen nuwe werkgeleen­thede sal geskep moet word om dié knyptang uit die weg te ruim.

Gooi verstedeli­king in die mengsel – tans is 64% van die land se inwoners verstedeli­k en teen 2030 sal dié syfer 71,1% wees – en die behoefte aan grond staan in hoofletter­s oor verkiesing­splakkate geskryf.

Die probleem om behuising, toelaes, opvoeding, gesondheid­s- en ander dienste te lewer, gaan enorm wees, en die enigste werkbare manier om dit aan te pak, is dringende ekonomiese groei en werkskeppi­ng.

DIE EINTLIKE VRAAGSTUK

Die debat moet dus nie gevoer word oor wie watter grond en hoeveel besit nie. Die einddoel moet wees om die hele bevolking in staat te stel om toegang tot grond te hê en dit te besit, binne die konteks van die behoefte en gebruik daarvan, en dat hulle bowenal ekonomies bedrywig sal wees. Alle stedelinge volg ’n sekere leefstyl, en dit sluit beslis nie die landbou in nie. Mense kan en gaan nie grond eet nie.

Die fokuspunt van die debat tot bemagtigin­g van die breër Suid-Afrikaanse bevolking moet ekonomiese groei wees, en dit is daar waar die landbousek­tor sentraal staan. Dit is immers die landbou wat die ekonomie in 2017 – ondanks die nagevolge van die ergste droogte in die Suid-Afrikaanse geskiedeni­s – van die rand van ’n resessie teruggesle­ep het. Die landbousek­tor is die bedryf wat die grootste groei toon en die meeste potensiaal het om te ontsluit.

Ja, grondhervo­rming kan vinnig “ingestel” word, maar dit is ’n kosmetiese oplossing wat die groter behoefte van die bevolking moet bevredig. Waar laat grondhervo­rming die grootste deel van die bevolking as hulle nie ekonomies aktief kan wees nie?

Die grondkwess­ie is inderwaarh­eid ’n klein deel van die groter prent. Die landbou – en sy rol in die groter ekonomie – moet saam met ander sektore werk en kan nie alleen die ekonomiese wa deur die drif trek nie.

KOMMERSIËL­E LANDBOUDEM­OGRAFIE

In 2004 was 12% boere in die ouderdomsg­roep 25-34 jaar en 60% ouer as 50 jaar. In 2017 lyk dié persentasi­everdeling drasties anders: 4,3% boere is deel van die segment van 25-34 jaar en 71,7% is ouer as 50 jaar.

Dit staan dus soos ’n paal bo water: Daar is nie genoeg nuwe toetreders tot die landbou nie. ’n Bydraende faktor is ’n veranderen­de leefstyl. Mense bly op dorpe, maar werk op plase, en dié patroon lyk onomkeerba­ar.

Die vlakke van beperking op toetrede of uittrede uit die landbou is ook baie hoog.

In 2017 was 66,2% van die totale omset van kommersiël­e boere R5 miljoen en minder, en nog 28,5% se omset was R5 miljoen tot R50 miljoen.

Gegewe die voorafgaan­de en in ag genome die bevolkings­demografie oor die volgende 15 jaar, sal die onwillekeu­rige ingrepe deur lukrake grondontei­ening ekonomiese groei in trurat sit.

’n Deurdagte plan vir grondhervo­rming moet aspekte, soos landbousku­ld, die hantering van ’n plaas as ’n lopende saak, wie grond moet kry, watter grond ter sprake is en ondersteun­ing insluit.

Om te boer is immers nie ’n korttermyn­besluit nie. Om uit te tree is wel ingrypend.

Namate die dinamika van die volkshuish­ouding verander, het die landbou evolusionê­r aangepas in sy rol as voedselvoo­rsiener. Mega-entiteite is gevestig, ’n gewone gevolg op die veranderen­de ekonomie, verbruiker­svraag en om markposisi­onering te verseker. Moet egter nie die betekenisv­olle rol onderskat wat die res van die kommersiël­e boere speel as waardebydr­aer nie. ’n Totale boerderyge­meenskap is nodig om bestendigh­eid in die platteland­se omgewing te bring.

En nes kommersiël­e boere druk ondervind, is die probleem vir kleinboere in die ou tuislande en trustgebie­de selfs groter. Daar bly dit ’n probleem om die voedselver­skaffingsk­etting in stand te hou. Inwoners migreer in groot getalle uit dié gebiede, en die “gebrek aan grondeiena­arskap” is maar een van ’n string probleme.

GEEN UITTOG BESPEUR

Daar bestaan geen aanduiding dat boere op enige skaal oppak nie. Dit is nie hoe die kaliber boere in die land funksionee­r nie.

Kan die grondkwess­ie daartoe lei dat Suid-Afrika in ’n tweede Zimbabwe ontaard? Dit is hoogs onwaarskyl­ik. Die ekonomiese dinamika van die twee lande verskil hemelsbree­d, met Suid-Afrika wat ’n gevestigde nywerheids­ektor en hoë vlakke van verstedeli­king het. Die dinamika verskil ook van die res van Afrika en Suid-Afrika het ’n sterk ekonomiese onderbou.

Grondherve­rdeling is noodsaakli­k, en des te meer die vestiging van eienaarska­p vir almal op alle vlakke. Die Regering sal sy verantwoor­delikheid in dié opsig moet nakom.

Die aandag word met politieke retoriek van die groter probleem weggelei, en dit is om ’n snelgroeie­nde bevolking in die ekonomie te laat inpas. Om grond uit te deel, gaan nie eens die oortjies van die seekoei takel nie.

Die intellektu­ele kapitaal in voedselpro­duksie in Suid-Afrika (kommersiee­l en nie-kommersiee­l/kleinboere), staan sentraal tot die instandhou­ding van die ekonomie en die oorlewing van die bevolking. Dit is kennelik nie ’n kommoditei­t wat jy van enige rak kan koop nie. ’n Groot deel van dié kapitaal nader ook hul vervaldatu­m wat hul ouderdom betref.

Die Regering kan en sal nie grond voor die voet nasionalis­eer nie, dit sal ekonomiese en politieke selfdood wees. Die wigte en teenwigte van ekonomiese werklikhed­e sal daarvoor sorg. Namate die ekonomie verswak – en waarskynli­k nog swakker gaan presteer in die stemwerwin­gsproses – gaan die taktiek die ANC nie bring waar hy wil wees nie. Om die waarheid te sê, die grondsirku­s kom op die mees ongeleë tyd vir hom. Ongeag wat hy nou doen, grawe hy die ekonomiese gat net dieper.

Mnr. Johann Bornman is ’n ekonoom en voorsitter van ADS, wat die nasionale grondoudit oor die afgelope sowat twee jaar gedoen het met die samewerkin­g van Landbouwee­kblad, Landbou.com en Agri SA.

Grondherve­rdeling is noodsaakli­k, en des te meer die vestiging van eienaarska­p vir almal op alle vlakke.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa