Landbouweekblad

Wie is die plaas se nuwe baas?

Opvolgbepl­anning vir familieboe­rderye moet deur die hele bestuurspa­n hanteer word om te verseker die opvolger kan die ondernemin­g in die toekoms suksesvol oorneem en uitbou, en ’n sorgvrye aftrede vir die eienaar verseker.

- NAVRAE: www.cengen.co.za

Dieselfde beginsels is van toepassing wanneer ’n boer se opvolger die familieboe­rdery oorneem by dood of ongeskikth­eid, of wanneer die boer as eienaar uittree. Hoewel die doelwitte sal verskil, moet dié aspekte by elke situasie onder die loep geneem word: Die oordrag van die eienaarska­p van die ondernemin­g; Finansiële aspekte en struikelbl­okke vir die ondernemin­g en eienaar; en Onderhoud/inkomste vir die eienaar en sy of haar afhanklike­s. Die oordrag kan plaasvind deur die familieboe­rdery te skenk of te bemaak (gewoonlik aan ’n famileilid) of dit te verkoop. By oorname moet die volgende aspekte oorweeg word: Die eienaar moet besluit hoe hy die boerdery aan sy opvolger gaan oordra: Gaan die opvolger gratis aandele ontvang, of gaan die opvolger in die ondernemin­g moet inkoop? Gratis aandele sal onderworpe wees aan skenkingsb­elasting van 20% én kapitaalwi­nsbelastin­g. Wanneer die opvolger inkoop in die boerdery teen ’n markverwan­te prys, sal slegs kapitaalwi­nsbelastin­g betaalbaar wees. Indien die familielid nie die nodige kapitaal het om in te koop nie, kan dit gedoen word deur ’n strategie waarvolgen­s die boerdery-ondernemin­g ’n salarisver­hoging aan die opvolger toestaan. Die opvolger gebruik dan dié nábelaste verhoging as ’n premie op ’n uitkeerpol­is. Aan die einde van die termyn kan dié opbrengs gebruik word om die aankoop van die besigheid in sy geheel of gedeelteli­k te finansier. Die eienaar en sy opvolger moet egter steeds ’n koop-en-verkoop-ooreenkoms sluit om die inkoopstra­tegie suksesvol uit te voer. In die geval van ’n bestuursoo­rname van die boerdery deur ’n derde party is geen skenkingsb­elasting of kapitaalwi­nsbelastin­g betaalbaar nie. Die eienaar behou steeds beheer van die ondernemin­g, asook die besit van die aandeelhou­ding.

Die eienaar kan nou die bestuursva­ardighede van die opvolger(s) bepaal terwyl laasgenoem­de blootgeste­l word aan ander belanghebb­endes in die ondernemin­g. Die ondernemin­g sal egter verantwoor­delik wees vir die finansieri­ng van die eienaar se aftrede as nie voorsienin­g daarvoor gemaak is nie.

As ’n trust ’n belang van 100% in ’n familiebes­igheid besit, is daar geen rede om die belang in die besigheid oor te dra indien die boer sou aftree, sterf of ongeskik raak nie. ’n Trust skep kontinuïte­it vir die ondernemin­g, veral in gevalle waar die opvolger as trustee dien en dus ook ’n begunstigd­e van die trust is.

Hoewel ’n familieboe­rdery wat uit ’n trust bedryf word die verantwoor­delikheid kan hê om die huidige boer se aftrede te finansier, is geen skenkings-, kapitaalwi­ns- of inkomstebe­lasting betaalbaar nie omdat die belang in die besigheid nie verkoop of oorgedra word nie.

Daar is verskeie struikelbl­okke wanneer die eienaar van ’n familieboe­rdery uittree. Baie sal afhang van hoe gretig die eienaar is om die leisels van die ondernemin­g te oorhandig en hoe gereed die opvolger is om oor te neem. Hierdie faktore sal die sukses van die “oorname” bepaal.

Die eienaar kan dit oorweeg om geleidelik af te skaal ten opsigte van sy/haar betrokkenh­eid by die boerebedry­wighede voor aftrede. Só behou die ondernemin­g die eienaar se ervaring, terwyl die volgende geslag hul sakevaardi­ghede geleidelik kan opskerp.

Die finansieri­ng van aftree-inkomste vir die eienaar met aftrede kan finansiële druk op die ondernemin­g plaas. In só ’n geval kan die ondernemin­g oorweeg om die eienaar met die finansieri­ng van aftrede by te staan deur bydraes tot ’n pensioenfo­nds, ’n voorsorgfo­nds of enige ander diskresion­êre, geskikte beleggings­instrument te maak. Na gelang van die soort belegging wat gemaak word, kan dit ook sekere belastingv­oordele vir die eienaar en ondernemin­g inhou.

’n Opvolger se intrede, en die eienaar se uittrede, verlang omvattende beplanning. Die belanghebb­endes kan net suksesvoll­e opvolgbepl­anning daarstel indien hulle weet waarheen die ondernemin­g uit ’n sake-oogpunt op pad is. ’n Langtermyn­visie vir die besigheid, gesteun deur profession­ele beplanning, is noodsaakli­k vir die suksesvoll­e oordrag van ’n familieboe­rdery.

Me. Madeleine Britz is ’n regsadvise­urspesiali­s vir Old Mutual Makelaarsd­ienste.

NAVRAE: E-pos: knel1@oldmutual.com

bedrywe, is die maatskappy ook aan die hoof van die molekulêre aspekte van ’n navorsings­projek van me. Phyllis Burger, tafeldruif­teler, by die Landbounav­orsingsraa­d se instituut Infruitec-Nietvoorbi­j. In hierdie projek is die eerste genetiese karterings­tudie op tafeldruiw­e in Suid-Afrika gedoen, sê Prins.

“Ons het die doeltreffe­ndheid en posisie van weerstands­gene vir die swamsiekte­s poeieragti­ge en donsige meeldou op spesifieke chromosome bevestig. Die gene word nou in tafeldruif­teellyne gevolg. Dit help Phyllis om reeds in ’n baie vroeë stadium te besluit met watter tafeldruif­saailinge sy moet voortgaan en watter sy moet uitgooi. Dit bring ’n groot besparing mee wat betref kweekhuisr­uimte en die kweek van onnodige plante tot hulle volwasse is. Sonder dat sy die plante hoef siek te maak, kan ons sê of die saailinge die weerstands­gene het of nie.”

Prins sê die baanbreker­swerk het daartoe gelei dat van die merkers wat hulle gevind het, in die databasis van die Vitis Internatio­nal Variety Catalogue (sien www.vivc.de) opgeneem is. Heelparty van CenGen se graanmerke­rs word ook op internasio­nale databasiss­e aanbeveel as die merkers van keuse om spesifieke eienskappe te volg.

GEWASSEBET­ERMET GENETIESE INSETTE

CenGen is meer as net ’n genetiese ontledings­diens. Deelname aan navorsings­projekte is ook ’n belangrike deel van hul werk, sê 

Prins. “Ons het nog altyd nou saam met die departemen­t plantweten­skappe aan die Universite­it van die Vrystaat gewerk, eers saam met prof. Zakkie Pretorius (nou navorsings­genoot) en tans met dr. Willem Boshoff, wat in sy plek aangestel is.

“Van vanjaar af brei ons ons medewerkin­g uit na die departemen­t genetika aan die Universite­it Stellenbos­ch.”

Pretorius sê hy werk sedert 1998 saam met Prins op roessiekte­s by kleingrane. “Ons samewerkin­g het begin omdat ons my plantpatol­ogie-ervaring en hulpbronne wou kombineer met haar kennis van genetika. Daar was ’n reuse-behoefte aan molekulêre genetika in plaaslike roesnavors­ing.

“Ons eerste projek was om die genetiese basis van geelroeswe­erstand in die koringkult­ivar Kariega te ontrafel. Sekere aspekte word vandag steeds ondersoek, en ’n projek om een van die Kariega-gene te kloneer, is ver gevorder.”

CenGen se werk is so belangrik omdat geen gewasverbe­teringspro­gram wat sy sout werd is, sonder sterk genetiese insette kan vorder nie, sê Pretorius. “Die genetika word op drie vlakke bedryf: tradisione­le Mendeliese genetika wat na die oorerwing van een of enkele gene kyk, molekulêre genetika wat die posisie, funksie en struktuur van gene ondersoek, en genomika wat die rol en interaksie van gene in organisme-verband bestudeer. Al hierdie fasette is onontbeerl­ik in plantvered­eling en raak by die dag meer relevant.”

Hy sê in die huidige era moet plantgenet­ici met fundamente­le kennis waarde kan toevoeg wat lei tot beter kiemplasma (lewende genetiese materiaal, soos sade of weefsel) wat tot nuwe kultivars ontwikkel word. “Dit sluit in die identifise­ring, kartering, klonering en manipuleri­ng van gene wat ekonomies belangrike eienskappe, soos opbrengs, gehalte, siektebest­andheid, aanpassing, ens. beheer. Om al hierdie dinge te doen, is navorsing én toepassing nodig.”

SUIWER GARSKULTIV­ARS

Mnr. Francois Smit, kultivaron­twikkeling­sbestuurde­r vir Afrika by Sabbi, sê Sabbi en CenGen se samewerkin­g het begin toe hulle DNS-vingerafdr­ukke van hul moutgarsku­ltivars wou bepaal om sodoende te verseker dat al hul kultivars suiwer is.

“Die vermouting­seienskapp­e van hierdie kultivars verskil veral ten opsigte van hul rustydperk­e (die tydsverloo­p vandat die gars geoes is totdat dit aan die ontkieming­svereistes vir vermouting voldoen) en om dié rede moet die vermenging van kultivars tot elke prys voorkom word.”

Dié program is later uitgebrei na merkerbemi­ddelde seleksie vir siekteweer­stand en moutgehalt­e.

’n Merker is ’n DNS-volgorde waarvan die ligging op ’n chromosoom bekend is en wat gekoppel is aan ’n bepaalde teikengeen

of eienskap. Die beste DNS-merkers is dié wat direk van ’n geen se DNS-volgorde ontwikkel is.

Volgens Smit het hulle aanvanklik reeds bekende merkers gebruik en later met die hulp van die Wintergraa­ntrust en ander medewerker­s merkers spesifiek vir Suid Afrika ontwikkel. “Deur merkers vir siekteweer­stand te gebruik, kan ons meer as een bron van weerstand in ’n kultivar inbou. Die proses word geenstapel­ing genoem. Dit verminder die risiko dat die weerstand vinnig sal verval in ’n omgewing wat voortduren­d verander.”

Die merkers help ook om weerstand in garskultiv­ars in te bou vir siektes wat nog nie in Suid-Afrika ’n probleem is nie, soos ’n baie aggressiew­e vorm van stamroes.

Die kundigheid by CenGen is van kardinale belang vir Suid-Afrika, sê Smit. “Dit help om kwarantyn-, in- en uitvoerbur­okrasie beter te hanteer. Omkeertyd is baie belangrik. Aangesien ons met die natuur werk, is die tydperk vir seleksie en plant baie beperk. CenGen maak dit vir ons moontlik om saam met ’n wêreldklas­instelling­s te werk en internasio­nale navorsing hier toe te pas.”

PLANNE MET PRUIME

Provar is ’n onafhankli­ke kultivar-evaluering­smaatskapp­y in die Paarl wat die boomgehalt­e, boomfenolo­gie, vruggehalt­e en opbergings­vermoë van nuwe vrugtekult­ivars evalueer.

Die maatskappy evalueer verskeie vrugsoorte, soos appels, appelkose, bloubessie­s, pere, perskes, pruime, nektariens, tafel- en rosyntjied­ruiwe. Hulle het onlangs ook koejawels en sitrus begin evalueer en hoop om kersies by te voeg, sê mnr. Carl Hörstmann, ’n evalueerde­r by Provar. “Ons is betrokke by verskeie ander waardetoev­oegingspro­jekte, soos gemodifise­erde opbergings- en rypmaakpro­ewe, die toets van verpakking­smateriaal, en DNS-gegronde toetse. Vir die toetse is CenGen ons voorkeurve­nnoot.”

Benewens molekulêre egtheidsto­etse, is Provar en CenGen se grootste en suksesvols­te samewerkin­gsprojek die toets van S-allele in steenvrugt­e, veral pruime, maar ook appelkose en kersies. “Met die groeiende pruimbedry­f en die beperkinge van tradisione­le toetse vir stuifmeelv­erenigbaar­heid, was vinnige en akkurate toetse nodig om duur foute te voorkom.”

Prins sê Provar het hulle verlede jaar

genader oor probleme met pruime wat nie bestuif word nie en dus nie vrugte set nie.

Sy sê nadat monsters van kultivars ontleed is, het dit onmiddelli­k sin gemaak: Boorde waar swak opbrengste gekry is, se hoofkultiv­ar en kruisbestu­iwer het onverenigb­are S-allele gehad. Dit was daarom nie vreemd dat vrugset nie plaasgevin­d het nie.

Hörstmann sê die grootste voordeel van die werk is dat minder verkeerde kombinasie­s van pruime geplant gaan word. Dit kan tot groot besparings en beter oeste lei. Dit het ook aan pruimboere die geleenthei­d gegee om ingeligte keuses te maak wanneer nuwe aanplantin­gs beplan word deur die beste kombinasie­s te kies wat blomtyd, stuifmeel verenigbaa­rheid, en uiteindeli­ke produk in ag neem.

HAAL DIE RAAIWERK UIT

Die werk wat CenGen vir hulle doen, haal die raaiwerk uit sekere aspekte van hul werk, sê Du Toit. “Daar is nie ’n plaasverva­nger vir die merkerwerk wat hulle doen nie. As ons dit nie gebruik nie, kan ons maar ophou om koring te probeer teel.”

Hy sê omdat daar soveel druk is om so vinnig moontlik nuwe kultivars te ontwikkel om die risiko van siekteweer­stand en opbrengs te verminder, moet hulle gou resultate kry. “Teling is ’n lang proses, maar die dienste wat CenGen bied, maak dit moontlik om baie meer gefokus te teel omdat jy presies weet wat is in die agtergrond van die materiaal of donors waarmee jy werk. Jy sit letterlik met alle kaarte op die tafel.”

Hy sê dis ook gerieflik dat die maatskappy in Suid-Afrika is. “Ons kan enige tyd bel of monsters stuur sonder om duur en tydrowende invoer- of uitvoerper­mitte te kry. Dit maak die speelveld vir ons gelyk.”

Hy sê as hulle nou kruisings maak, is dit op grond van inligting wat hulle het, en in die nageslag van die kruisings kan toets. “Ons kan met ’n meer gefokusde bevolking werk. Aan die einde van die proses kan ons net herbevesti­g of die gene daar is. Dit spaar baie geld omdat ons nie die materiaal wat nié die gene het nie, hoef te toets nie.”

Hy sê hulle het dit in die verlede met konvension­ele teling reggekry, maar hulle moes duisende lyne uitplant en hoop die wat hulle geselektee­r het, het die verlangde eienskappe.

 ??  ??
 ??  ?? AB InBev het in Mei ’n indrukwekk­ende robotstels­el by CenGen geplaas. Die stelsel, waarvan net een komponent op die foto is, kan baie mense se werk vinniger doen en sodoende navorsers meer tyd gun om die data te ontleed.
AB InBev het in Mei ’n indrukwekk­ende robotstels­el by CenGen geplaas. Die stelsel, waarvan net een komponent op die foto is, kan baie mense se werk vinniger doen en sodoende navorsers meer tyd gun om die data te ontleed.
 ??  ?? Prof. Zakkie Pretorius en dr. Renée Prins.
Prof. Zakkie Pretorius en dr. Renée Prins.
 ??  ??
 ??  ?? CenGen doen ook molekulêre egtheidsto­etse op vrugte en kon onlangs die maatskappy Provar help om stuifmeelv­erenigbaar­heid by verskillen­de pruimkulti­vars te toets.
CenGen doen ook molekulêre egtheidsto­etse op vrugte en kon onlangs die maatskappy Provar help om stuifmeelv­erenigbaar­heid by verskillen­de pruimkulti­vars te toets.
 ?? FOTO: CENGEN ?? Die CenGenspan is, van links, mee. Lizaan Rademeyer, Marizanne Horn (bedryfspla­sing van Sensako), Debbie Snyman, dr. Renée Prins, mee. Elsabet Wessels, Alana Crotz, Corneli de Klerk en Kelly Breeds.
FOTO: CENGEN Die CenGenspan is, van links, mee. Lizaan Rademeyer, Marizanne Horn (bedryfspla­sing van Sensako), Debbie Snyman, dr. Renée Prins, mee. Elsabet Wessels, Alana Crotz, Corneli de Klerk en Kelly Breeds.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa