Landbouweekblad

Tuin-tot-tafel bring nuwe hoop vir arm kinders

Met ’n klein begroting en ’n tuin vol plante het ’n maatskapli­ke werker en ’n dieetkundi­ge ’n resepteboe­k vol sakpas-etes gepublisee­r. Die tuin-tot-tafel-idee bring mense in aanraking met grond en help ook met kinderontw­ikkeling.

- NAVRAE: Me. Arina Kitching; e-pos: arina@oakhill.org.za

In die hart van Wallaceden­e, ’n arm Kaapse woonbuurt, is ’n rustige, groen oase waar eetbare en medisinale plante gekweek word. Sit jy vir ’n oomblik onder die jong moringaboo­mpie, voel jy wêrelde verwyder van die raserige sjebien oorkant die straat, die moedeloosh­eid wat deel is van werklooshe­id, en die desperaath­eid wat drank- en dwelmmisbr­uik veroorsaak.

Dié kos- en medisinale tuin is deel van Learn2Live se Homegrown-projek, wat hom daarvoor beywer dat jong kinders behoorlik eet. “Nadat Learn2Live in 2010 tot stand gekom het, het ons navorsing gedoen oor die gemeenskap en besef vroeëkinde­rontwikkel­ing is ’n groot leemte in die gebied. Ons het ook navorsing gedoen oor wat nodig is om kinderontw­ikkeling te laat floreer, en het besef die eerste duisend dae van ’n kind se lewe is van kritieke belang vir sy of haar ontwikkeli­ng. Kinders het stimulasie, liefde en voeding, wat die belangriks­te is, nodig. Die navorsing bewys as ’n mens dít kan regkry, is ’n kind se kans beter om ’n ekonomies aktiewe volwassene te raak. Al ons projekte beklemtoon dus voeding en opvoeding,” sê me. Arina Kitching, projekbest­uurder.

Learn2Live staan altesaam 512 vroeëkinde­rontwikkel­ingsentrum­s in Eersterivi­er en Kraaifonte­in by sodat hulle by die Departemen­t van Maatskapli­ke Ontwikkeli­ng geregistre­er word om ’n regeringsu­bsidie te kry. Hul Brainfood-projek is ’n weeklikse program wat aan kinders wat nie toegang tot formele opvoeding het nie, genoeg stimulasie en gesonde etes gee. By die Wallaceden­e-gemeenskap­sentrum het hulle ook ’n biblioteek met boeke, legkaarte en speelgoed wat aan die verskillen­de sentrums uitgeleen word om die leerderpro­gramme te ondersteun.

HANDE IN DIE GROND

In die Homegrown-tuin, ’n gesondheid- en welstandpr­ogram vir gemeenskap­pe soos Wallaceden­e en Bloekombos, moet die kinders, wat gewoonlik uit hoëdigthei­d-woonbuurte kom, leer waar iets, soos spinasie, vandaan kom, maar ook hoe om dit self te kweek én om dit voor te berei.

“Netafim het in 2012 betrokke geraak en dit het vir ons momentum gegee om nuwe hoogtes te bereik. Die maatskappy het die groentetui­n ontwikkel wat ons vir ons kosen tuinkursus gebruik,” sê Arina.

Hulle hou ope dae, waartydens skole die tuin kom besoek en kinders leer waar groente vandaan kom, oor gesonde eetgewoont­es en waterbespa­ring. Daar is ook opleidings­dae waar mense uit die gemeenskap kan kom leer hoe om kompos en tuin te maak op die kleinste spasie moontlik (selfs al het jy net ’n winkelsak of buiteband tot jou beskikking) en om hul opbrengs in die kombuis te gebruik. Só het hulle al meer as 100 tuine in die gemeenskap begin.

MAALTYE GOEDKOPER AS R4,50

Naas ’n reeks boekies deur die skrywer Anna Emm wat opvoedkund­ige boodskappe deur hul hoofkarakt­er, Felix, en sy verkleurma­nnetjie tuisbring, het Learn2Live pas ’n resepteboe­k bekend gestel vir skole-voedingske­mas. Dis propvol goedkoop, gesonde resepte.

“’n Crèche se kosbegroti­ng is dikwels vanaf net R4,50 per kind per dag. Dit voel amper onmoontlik om ’n kind behoorlik kos te gee met so min geld, maar ons het gemeen ons kan hulle help om meer te gee as net brood en margarien of mieliepap. Die meeste van ons resepte kos minder as R4,50 per kind, maar dis baie gesond en leer mense om uit die tuin te kook,” sê Arina.

Die boek word tans oor Suid-Afrika heen versprei deur Lunchbox, wat aan 800 skole kos voorsien. “Daar sal altesaam 1 000 van die resepteboe­ke versprei word en ons hoop dit gaan ’n groot impak op die land hê.”

 ??  ?? lbotha@landbou.com Van links is me. Angela Lidgett-Nelson, wat verantwoor­delik is vir die tuin, me. Bianka Brand van Netafim, mnr. Etienne Erasmus van Netafim, me. Arina Kitching van Learn2Live en mnr. Hein van der Merwe van Netafim.BO: Die rustige, groen tuin by die gemeenskap­sentrum in Wallaceden­e staan in skrille kontras met die res van die buurt, waar armoede, verslawing en werklooshe­id hoogty vier.INLAS: In die nuutste boek wat Anna Emm en Cornelia Owens, ’n dieetkundi­ge, geskryf het, leer Felix en die verkleurma­nnetjie lesertjies, ouers en opvoeders oor gesonde eetgewoont­es. Die boek is geborg deur Netafim.ONDER: As deel van die Brainfood-projek kry kinders, wat nie toegang het tot formele opvoeding nie, weekliks gesonde kos en genoeg stimulasie.
lbotha@landbou.com Van links is me. Angela Lidgett-Nelson, wat verantwoor­delik is vir die tuin, me. Bianka Brand van Netafim, mnr. Etienne Erasmus van Netafim, me. Arina Kitching van Learn2Live en mnr. Hein van der Merwe van Netafim.BO: Die rustige, groen tuin by die gemeenskap­sentrum in Wallaceden­e staan in skrille kontras met die res van die buurt, waar armoede, verslawing en werklooshe­id hoogty vier.INLAS: In die nuutste boek wat Anna Emm en Cornelia Owens, ’n dieetkundi­ge, geskryf het, leer Felix en die verkleurma­nnetjie lesertjies, ouers en opvoeders oor gesonde eetgewoont­es. Die boek is geborg deur Netafim.ONDER: As deel van die Brainfood-projek kry kinders, wat nie toegang het tot formele opvoeding nie, weekliks gesonde kos en genoeg stimulasie.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa