Landbouweekblad

BENUT TEGNOLOGIE TEN VOLLE

-

Afgesien van wetenskapl­ike tegnieke in die seleksie (spesifiek die ooiproduks­ieindeks en BLUP) en teling (kunsmatige en laparoskop­iese inseminasi­e) van hul skape, probeer mnre. Frans en Andries Marx van die plaas Sewefontei­n tegnologie ten volle te benut waar hulle kan.

Almal wat by die boerdery betrokke is, het byvoorbeel­d toegang tot ’n tweerigtin­gradio. “Ons hele boerdery is bewus van wat oral gebeur,” sê Andries. “Goeie kommunikas­ie met werkers is uiters belangrik.”

Afgesien van ’n Facebook-blad wat as ’n waardevoll­e bemarkings­hulpmiddel dien (hulle het 20 902 mense en 9 000 besigtigin­gs met die verkoop van die ram SD5-15 bereik), was dit WhatsApp wat werklik boere se vermoë om produkte en dienste te bemark, gerevolusi­oneer het, sê Andries. “Ek is betrokke by ’n aankoopgro­ep in die Suid-Vrystaat en in die Oos-Kaap, wat meer as 600 lede het,” sê hy. “Dit het die hele bemarkings­omgewing verander.”

Dan het die vermoë om akkurate weervoorsp­ellings van die internet te kry,

dit nie net moontlik gemaak om geskeerde skape teen skielike koue (veral in die skeertyd in Julie) te beskerm nie. Dit het ook die benadering tot die verbouing van gewasse op die plaas fundamente­el verander. “Ons het besluit ons sal plant as dit reën, dus beweeg ons saam met die reën,” sê hy. “Jy kan nie bekostig dat jou landerye onprodukti­ef is nie.”

Die volgende aankoop op die plaas gaan ’n hommeltuig wees om te help met die tel van vee en die nagaan van waterbronn­e. “Mens moet op hoogte bly van tegnologie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa