Landbouweekblad

Klein genetikala­boratorium maak naam

Die genetiese ontledings en merkerwerk wat ’n klein onafhankli­ke laboratori­um op Worcester doen, het die afgelope 15 jaar plaaslike graan- en druiweteel­programme en navorsing ’n reuse-hupstoot gegee.

-

Suid-Afrika is vol verrassing­s. Wie het nou gedink daar is ’n gesofistik­eerde plantgenet­ikalaborat­orium in een van die stiller strate van Worcester se ou deel: Kompleet met ’n dinamiese span wetenskapl­ikes wat internasio­nale aansien geniet?

Maar dis die einste maatskappy waarop plaaslike koring- en garsteelma­atskappye swaar steun om merkerwerk te doen.

Mnr. André du Toit, koringtele­r van Pannar by Hoogekraal, tussen Potchefstr­oom en Viljoenskr­oon, sê as die data wat CenGen uit plantmater­iaal voortbring, nie beskikbaar was nie, kon hulle maar hul teelprogra­mme staak. “CenGen se data is soos ’n vergrootgl­as, ons kan nou sien wat ons nooit kon sien nie. Dit help ons om vinniger te vorder.”

Die maatskappy CenGen het ontstaan toe dr. Renée Prins haar belowende loopbaan in plantgenet­ikanavorsi­ng wou voortsit nadat sy en haar man, Corrie, ’n dokter, Worcester toe verhuis het. Sy sou eers net as konsultant optree, maar het gou besef sy sal moet data genereer om ’n beter diens aan kliënte te bied.

Toe moes sy skarrel om die regte toerusting, soos pipette, yskaste en rekenaars te koop en te leen. Niks was goedkoop nie, maar sy het oor die jare heen toerusting bygekoop en ooreenkoms­te met kliënte gesluit om haar te help om ’n beter diens te lewer. Dit was ’n broodnodig­e diens. CenGen se werk was van die begin af in aanvraag namate die boodskap van hul profession­ele diens en werksetiek versprei het. Renée sê sy en haar eerste navorser, me. Debbie Snyman, wat soortgelyk­e werk by die Mediese Navorsings­raad gedoen het, het begin om vir die Suid-Afrikaanse Garsteelin­stituut (Sabbi) genetiese profiele van hul kultivars en lyne te genereer. Hulle het dieselfde vir Sensako, toe nog Monsanto se plaaslike koringteel­program, begin doen. “Vandag genereer ons reeds derduisend­e DNS-datapunte vir die koringteel­programme van Sensako via die laboratori­um vir molekulêre merkerdien­ste (‘Molecular Marker Service Laboratory’ of MSL) wat die Wintergraa­ntrust (WGT) finansier. In die MSL-projek volg ons al meer as 50 gene vir die koringtele­rs waar monsters van Pannar en ook Sensako by CenGen as ’n onafhankli­ke laboratori­um ontleed word.” Al doen CenGen baie werk vir die graanteel-

 ??  ?? agenis@landbou.com Die molekulêre merkerwerk wat CenGen vir die koringteel­programme van Pannar en Sensako doen, maak vordering akkurater en sekerder.
agenis@landbou.com Die molekulêre merkerwerk wat CenGen vir die koringteel­programme van Pannar en Sensako doen, maak vordering akkurater en sekerder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa