Landbouweekblad

DBV KLA BOKHAARBOE­RE AAN

-

Die Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) gaan klagtes van dieremisha­ndeling teen vier bokhaarboe­re lê.

Dít volg ná ’n video van Mense vir die Etiese Behandelin­g van Diere (Peta) oor die mishandeli­ng van Angorabokk­e in die Oos- en Wes-Kaap.

“Die videomater­iaal wat ons ontvang het, is skokkend. Die foltering en angs wat dié bokke moes verduur, was aaklig en onaanvaarb­aar. Die DBV sal voortduren­d veg vir geregtighe­id vir diere wat só moes ly,” sê me. Grace de Lange, senior inspekteur by die DBV se eenheid vir plaasdiere.

Volgens Sybokhaar Suid-Afrika (SSA) het hy kennis geneem van die DBV se verklaring, maar nog geen klagstaat gesien nie. EMILIZE LAETITIA VÖGEL skryf: Belaglik. Hulle was onder valse voorwendse­ls op die plase. Hulle het gemaak of hulle ’n plaas wil koop en eers wil kyk hoe dinge gedoen word. Hoe neem jy skelm video’s die oomblik as die boer na die veld gaan en ry dan skelm weg nog voor die boer van veld terugkom sonder om dankie te sê of te groet? Onsmaakvol en oneties . . . As hulle kan lieg en bedrieg om hul propaganda te bevorder, hoe kan hulle met enigiets verder in die lewe vertrou word?

PIETER DE JAGER skryf: Ek weet nie hoe waar dit is nie, maar ek het gehoor die persoon wat die video gemaak het, is deur petroleumm­aatskappye betaal omdat hulle wil frack, en die veeboere vasskop daarteen.

KARIN KNOETZE skryf: Hoekom fokus hulle nie eerder op die derduisend­e straatdier­e nie? Boere sal beslis nie hul brood en botter mishandel nie. Kom nou. BILLY ELMIEN VAN ZYL skryf: “If you shear an Angora, he cries, and if you don’t shear him, he dies.”

AMANDA SMIT skryf: Eish, party mense . . . Een van die dae gaan die melkboere seker ook aangekla word omdat hulle met masjiene melk.

WYNAND FOURIE skryf: Die DBV moet asb. nie weer ’n donasie by my vra nie.

RYNO KARELSEN skryf: Moenie die DBV ondersteun nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa