Landbouweekblad

MELKLAAT-REFLEKS BY KOEIE

Hoekom is die melklaat-refleks belangrik?

- JAN DU PREEZ

Prikkels van aanraking en temperatuu­r wat deur die melkkoei se spene aangevoel word, word deur die senuwees geregistre­er. Hierdie prikkels word na die melkkoei se brein herlei, waar die hipofise (pituitêre klier) geleë is. Die hormoon oksitosien word in dié klier bewaar. As die senuweepri­kkels die hipofise bereik, word oksitosien in die bloedstroo­m vrygestel en bereik die uier. Oksitosien veroorsaak die “melk-laatsak-refleks”. Die hele proses (stimulasie tot laat sak) duur sowat 30 sekondes.

As oksitosien die uierweefse­l bereik, veroorsaak die hormoon sterk sametrekki­ngs van die spierselle om die alveoli (eenheid wat melk vervaardig). Die sametrekki­ngs van die alveoli veroorsaak dat melk na die melkbuise uitgedruk word, wat tot in die klier- en speenholte van die uier gelei word.

Hoe deegliker die voormelkst­imulasie, hoe beter is die uitpars van melk en hoe vollediger en vinniger is die verwyderin­g van melk tydens die melksessie. Daar is dan so te sê geen of minder oormatige melk (daar is geen melkvloei vanaf die uier nie) en dus is daar minder of geen skade aan die speenkanaa­l of speenholte van die uier nie.

Die verdedigin­gsmeganism­e in die speenkanaa­l word ook nie beskadig nie en uiergesond­heid is dus baie beter. Koeie kry ook baie minder mastitis (ontsteking van die uier). Oormatige melk deur melkmasjie­ne beskadig die speenkanaa­lskans en die koei kry maklik mastitis. Hoe vollediger die melklaatre­fleks is, hoe minder skade word aan die spene aangerig, veral indien die uier in daardie 5-7 minute wat oksitosien werk, uitgemelk word,.

Vrees en spanning (veroorsaak deur geraas en swak melkportaa­lbestuur) beïnvloed melklating en veroorsaak ’n terughoudi­ng van melk. Die neuroadren­aalstelsel met die gevolglike afskeiding van adrenalien en noradrenal­ien word geaktiveer, dus word die effek van oksitosien geneutrali­seer. Dr. Jan du Preez is ’n veterinêre spesialis.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Hoe beter koeie behandel word, hoe beter sal die melkery verloop.
FOTO: LIZA BOHLMANN Hoe beter koeie behandel word, hoe beter sal die melkery verloop.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa