Landbouweekblad

EDUARD HOFFMAN KORREKTE BESLUITE MET PLANTTYD

-

Is ’n rekenaarpr­ogram beskikbaar waarmee die hitte-eenhede, reënval en groeityd van kultivars met verskillen­de plantdatum­s ingelees kan word om ’n gevolgtrek­king te maak oor ’n beter en swakker planttyd? Ek besef daar is baie veranderli­kes. Daar is nie maklik beskikbare en eenvoudige programme vir dié doel nie. Ingewikkel­de wetenskapl­ike modelle is beskikbaar wat baie detail-insette vereis. Die antwoord waarby dié modelle uitkom, is gegrond op data wat deur navorsings­proewe verkry is. Die model is nie noodwendig akkuraat vir u toestande nie.

Die rede vir ’n bepaalde plantdatum is om te verseker die mielies ervaar nie watertekor­te tydens die blomtyd nie en ook dat laat ryp nie oesskade sal veroorsaak nie. Indien daar dus voorspel kan word wanneer daar droogtetye in die mieliegroe­ityd gaan wees en ook wanneer die laaste ryp verwag word, is die bepaling van die plantdatum maklik.

Die aantal dae van plant tot blom is vir die meeste mieliekult­ivars bekend. Kontak gerus die saadhandel­aar in dié verband. Die LNR se kultivarpr­oewe gee ook die optimale plantdatum van mieliekult­ivars.

Die tekort aan water kan verminder word deur grondwater op te gaar en te verseker dat voldoende water in die grondprofi­el opgeberg kan word, wat die mielies deur die droë deel van die produksiej­aar sal dra. Indien die grondwater­inhoud van die profiel met planttyd bekend is, kan daar met modelle bereken word wat die verwagte opbrengs gaan wees as ’n mens aannames oor die reënvalver­spreiding maak.

As daar voldoende grondwater in die profiel is, kan ’n mens redeneer dat jy vroeër kan plant. Laat ryp is egter onvoorspel­baar, hoewel dit uit die afgelope paar jaar se weerdata blyk dat dit baie min voorgekom het. Gevolglik was ’n vroeë plantdatum suksesvol. Boere wat dié praktyk volg, behaal goeie sukses.

Indien u ’n vroeë plantdatum oorweeg, moet u egter slegs ’n klein persentasi­e van u aanplantin­gs dan doen omdat laat ryp steeds die oes kan beskadig. Deur die plantdatum te versprei, word die risiko verminder. Dr. Eduard Hoffman is hoof van die departemen­t grondkunde aan die Universite­it Stellenbos­ch.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa