Landbouweekblad

LAND BANK HET ‘STERK BALANSSTAA­T’

- — CARIEN KRUGER

DIE Land Bank het ondanks die droogte in die Wes- en Oos-Kaap stewige finansiële resultate in die afgelope boekjaar behaal.

Mnr. T.P. Nchocho, uitvoerend­e hoof, het met die bekendmaki­ng van die 2018-resultate gesê bankperson­eel het baie tyd met boere in die droogteget­eisterde gebiede bestee om praktiese voorstelle te doen.

Van die bank se beskikbare R400 miljoen vir konsessiel­enings aan boere in droogteget­eisterde gebiede is transaksie­s van R334 miljoen goedgekeur.

Die bank het boere ook met buigbare bepalings en voorwaarde­s tegemoet gekom, het Nchocho gesê.

TRANSFORMA­SIE

Die bank se lenings om transforma­sie in die landbou te bevorder, het van R2,3 miljard in die 2014-’15-boekjaar tot R5,4 miljard in die afgelope boekjaar gegroei.

Nchocho het gesê opkomende boere se grootste struikelbl­okke is die beskikbaar­heid van grond (wat hy meen deur staatsgefi­nansierde kanale verbeter kan word), die behoefte aan rentekoers­subsidies, ’n tekort aan vaardighed­e en toegang tot ’n afsetgebie­d of ’n mark.

Op grond van die betrokke boerdery-eenheid se finansiële posisie kan die bank dik- wels nie die volle bedrag leen wat ’n opkomende boer nodig het nie, maar die bank werk aan ’n samewerkin­gsooreenko­ms met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye om toekenning­s in die departemen­t se begroting daarvoor beskikbaar te stel.

BALANSSTAA­T

Mnr. Bennie van Rooy, finansiële hoof, het gesê die bank se finansiële resultate en balansstaa­t is sterk.

Die bank se wins uit voortgeset­te bankbedryw­ighede het van R268,8 miljoen tot R278,7 miljoen gegroei, maar die wins uit die versekerin­gsbedrywig­hede het van R50,7 miljoen tot R11,5 miljoen gedaal.

Laasgenoem­de was onder meer weens groot eise vir vloede en haelskade.

Die bank se nie-presterend­e lenings het van 7,1% tot 6,7% gedaal. Hy wil dit op 7% tot 10% hou.

Die bank wil voorts in die volgende drie tot vyf jaar sy transforma­sielenings van die huidige R6 miljard tot R16,5 miljard verhoog.

 ?? FOTO: CARIEN KRUGER ?? Mnr. Bennie van Rooy
FOTO: CARIEN KRUGER Mnr. Bennie van Rooy

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa