Landbouweekblad

Pastabolog­nese met roomkaas

-

Pleks van witsous kry hierdie pastagereg sy lekker romerighei­d van roomkaas – vinniger en maklik! Bolognese-sous 3 repe spekvleis, baie fyn gesnipper 2 middelslag-uie, baie fyn gekap 2 knoffelhui­sies, fyn gekap 2 wortels, gesnipper 2 stele seldery, gesnipper Olyfolie, vir braai 250 g beesmaalvl­eis 250 g varkmaalvl­eis 2 x 410 g-blikke gekapte tamaties 310 ml water Sout, vars gemaalde swartpeper en ’n knippie suiker 5 ml droë oreganum

500 g pasta van jou keuse 1 bakkie (200 g) grasuie-geur roomkaas

Sit die spek, ui, knoffel, wortels en seldery in ’n groot kastrol. Bedruip met olyfolie en verhit tot die mengsel begin braai. Roer aanhoudend. Wanneer die groente vir ongeveer tien minute liggies gebraai het, voeg die maalvleis by en verhoog die hitte. Braai tot bruin. Voeg die tamaties, water en oreganum by en geur goed met sout, peper en suiker. Verhit tot kookpunt en verlaag die hitte. Bedek en prut die sous vir minstens een uur oor lae hitte. Roer nou en dan om te keer dat dit brand en voeg ’n skeut water by, indien nodig. Haal die deksel af en, indien te waterig, kook die sous af tot dit ’n dik, ryk sous is.

Kook intussen die pasta in ’n groot pot vinnig kokende soutwater tot gaar, maar steeds ferm. Dreineer en meng met die bolognese-sous.

Voorverhit die oond tot 200 °C. Skep die pasta en sous in ’n oondbak en skep teelepels vol van die roomkaas bo-op. Druk van die skeppies roomkaas onder die pasta in en los daarvan bo-op. Bak vir 15-20 minute, net tot die roomkaas deurwarm is. Lewer 8 porsies.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa