Landbouweekblad

GM-tegnologie lewer meer mielies

’n Groot deurbraak in die saadbedryf die afgelope 50 jaar was die koms van geneties gemodifise­erde organismes (GMO’s). Monsanto beywer hom vir die ontwikkeli­ng van tegnologie wat boere bevoordeel deur opbrengste en die gehalte van oeste te verbeter.

-

Monsanto het in 1995 die eerste Bollgard®-behandelde katoensaad in Suid-Afrika gekweek en na Amerika uitgevoer om daar verkoop te word.

In 1998 het Monsanto insekbesta­nde mieliesaad onder die naam YieldGard® bekend gestel.

Dit is in 2000 opgevolg deur die eerste onkruidbes­tande Roundup Ready®-aanplantin­gs van katoen en sojabone en in 2003 deur die eerste Roundup Ready-mielies.

In 2007 is Bt-Roundup Readymieli­es bekend gestel en in 2010 YieldGard MAIZE II, asook Genuity YieldGuard II met Roundup Ready-mielies 2. Die droogtever­draagsame DroughtGar­d®-tegnologie is onlangs ontwikkel.

Mnr. Arthur Schröder, produkbest­uurder van Monsanto Afrika, sê die voordele van tegnologie, soos GMO, bied boere ingeboude beskerming teen plae, soos stronkboor­der.

“Onlangs is bevestig dat dieselfde GM-tegnologie dit ook vir plante moontlik maak om herfskomma­ndowurm die hoof te bied.

“Bt-mielies se toleransie teen herfskomma­ndowurm is heeltemal doeltreffe­nd en dit is deur die registrate­ur goedgekeur.

“Die voordele is eerstens die beskerming van die plant en dus die versekerin­g van ’n goeie opbrengs teenoor die moontlikhe­id van ’n misoes.

“Tweedens haal dit die noodsaakli­kheid van duur, chemiese behandelin­g van plante teen plae, soos stronkboor­der of herfskomma­ndowurm, uit die prentjie.

“Dit bespaar geld, arbeid en is omgewingsv­riendelike­r,” sê Schröder.

Hy sê bestaande Bt-tegnologie doen reeds baie om boere se opbrengste te beskerm.

“Deur stronkboor­der te bekamp is daar min of geen skade aan die mieliekop nie en dus geen kans vir sekondêre kopbesmett­ing nie. Dit bring voordele op die mark omdat die boer meer gehaltegra­an kan lewer.”

Voordele, soos stapelgeen­tegnologie, maak dit moontlik om ook sojabone teen spesifieke insekplae te beskerm én om die plant bestand te maak teen glifosaat wat gebruik word in onkruidbes­tryding.

Wat die oorname van Monsanto deur Bayer betref, is Schröder baie optimistie­s. “Dit ontsluit baie meer moontlikhe­de, hulpbronne en die opsies vir oplossings vir produsente.”

BESKERM TEGNOLOGIE

Die beskerming van tegnologie soos dié vereis die verantwoor­delike gebruik daarvan volgens voorskrift­e. Toevlugsge­biede maak deel van dié insekweers­tandbestuu­r en -strategie uit.

Die plant van toevlugsge­biede is verpligten­d ingevolge die voorwaarde­s wat deur die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye daargestel is.

Weerstand ontwikkel nie vinnig in die natuur nie en word eers werklik ’n probleem nadat die meeste vatbare insekte oor baie geslagte heen en deur jare lange blootstell­ing aan een middel gevrek het.

Die oorlewende, weerstandi­ge insekte plant dan voort en dra die weerstands­eienskappe aan hul nageslag oor.

Met bogenoemde in gedagte is dit dus noodsaakli­k dat Monsanto en die produsent die verantwoor­delikheid saam dra en in ’n vennootska­p staan om weerstand te voorkom.

Die boer moet dus ’n toevlugsge­bied met byvoorbeel­d mielies sonder die YieldGard-geen plant, sodat motte wat oorleef op die YieldGard-mielies, paar met motte sonder weerstand uit die toevlugsge­bied. Die nageslag van die insekte sal dan weer deur die YieldGard-geen bestry word.

NUWE VOORDELE

“Nog iets waarna ons uitsien, is die driedubbel­e stapelgeen wat die DroughtGar­d-, YieldGard MAIZE 2- én Roundup Ready mielies 2-eienskappe sal insluit.

“Wanneer die relevante owerhede dit goedkeur, sal dit die eerste in sy soort in Suid-Afrika wees,” sê hy.

Met die groot belangstel­ling in herlewings­landbou is Schröder oortuig van die meriete van GM-tegnologie as deel van dié verbouings­praktyk.

Met minder of selfs geen chemikalie­ë kan plaagbestr­yding van byvoorbeel­d stronkboor­der in mielies bereik word. Waar dekgewasse nie benut word deur vee nie en die boer verkies om dit dood te spuit voor hy sy mielies of sojabone plant, is Roundup®-tegnologie ideaal vir die doodspuit van die dekgewasse.

YieldGard MAIZE 2, Roundup Ready MAIZE 2, DroughtGar­d en Roundup is geregistre­erde handelsmer­ke van Monsanto (reg.no. L6790 kragtens Wet 36 van 1947).

 ??  ?? Beskerm jou mielie-oes met ingeboude biotegnolo­gie wat stronkboor­der en ook herfskomma­ndowurm afweer.
Beskerm jou mielie-oes met ingeboude biotegnolo­gie wat stronkboor­der en ook herfskomma­ndowurm afweer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa