Strawwe Walvis-uithourit: Son, sal­pe­ter en duinuit­da­gings

Die in­ter­na­si­o­na­le perde-uithourit by Wal­vis­baai lyk elke jaar an­ders. Die kron­kel­paad­jies skuif saam met die dui­ne. Die wind is een jaar ’n see­bries en die vol­gen­de jaar ’n sand­storm. Om hier 122 km in een dag te ry, moet rui­ters hul kop ge­bruik.

Landbouweekblad - - Inhoud -

Al­te­sa­me 164 rui­ters en hul on­der­steu­ners het ver­le­de maand by die Wal­vis­baai-skou­ter­rein by­me­kaar­ge­kom vir die In­ter­na­si­o­na­le Fe­de­ra­sie vir Rui­ter­kuns (FEI) en die Na­mi­bie­se Uit­hou­rit­ver­e­ni­ging (Ne­ra) se A­fri­ka-uit­hou­rit­kam­pi­oen­skap.

Par­ty Suid-A­fri­ka­ners het die lang tog na Na­mi­bië oor drie dae aan­ge­pak en ’n hand vol in­ter­na­si­o­na­le deel­ne­mers uit on­der meer Slo­wa­kye se reis was nóg lan­ger.

Dié uithourit van 122 km word op een dag in vier skof­te ge­ry. Mnr. Mi­ke B­re­den­kamp, die FEI se teg­nie­se af­ge­vaar­dig­de, het die dag voor die weg­spring die roe­te, strui­kel­blok­ke en weer­voor­spel­ling met deel­ne­mers be­spreek. Rui­ters vaar die woes­tyn met bak­kies in om die dui­ne van na­by te be­kyk, want om hier­die rit vei­lig te vol­tooi, verg be­plan­ning.

“Van­jaar gaan een van daai op-die-voe­te-rit­te wees,” het die voor­ma­li­ge Wal­vis­baai-wen­ner Pierre de Wit ge­sê.

In die diep sand van die grootste dui­ne kan die perde tot by hul knieë weg­sak, en hoe­wel lig­te kin­der­rui­ters dalk kan bly sit, klim swaar­der rui­ters eer­der af om hul perde se ten­dons te be­skerm, ver­dui­de­lik Suné Wes­sels van Go­ba­bis, wat al se­dert 2006 deel­neem. “As jy ’n ent langs jou perd draf om hom te spaar, skep hy som­mer moed.”

DAGBREEK OP DIE SOUTPANNE

Die eer­ste bon­del rui­ters – die swaar­ge­wig­te – spring al voor sons­op weg, met die stan­daar­den lig­ge­wig­te, as­ook die kin­der- en ju­ni­or rui­ters, kort op hul hak­ke. Daar is net ’n hand vol “Afrikaanse” perde, soos Lang­pad, Yster en Par­mant. Ver­der is dit net na­me soos El S­ha­kir Ash­marr, S­ha­reekah Ma­hir, en S­haik S­ham Ra­jah El Tu­wai.

Die eer­ste skof is deur die Nau­klift-park. Teen dagbreek was rui­ters tus­sen die Na­mi­bie­se sout­fa­briek se hel­der pienk soutpanne.

Langs die trein­spoor wat van Wal­vis­baai na S­wa­kop­mund en Wind­hoek loop, is die sand van­jaar dik en sag. Dit is be­lang­rik om nie hier jou perd se krag te mors nie, het Hen­dri van Wyk van Roux­vil­le ge­sê, want hy gaan dit van­mid­dag no­dig hê. Die mees­te rui­ters het hier­die eer­ste klein dui­ne rus­tig uit­ge­draf.

Ná elke skof keer die rui­ters te­rug na Wal­vis­baai, waar hul­le in­ge­wag word deur hul on­der­steu­ning­span en pa­neel van ne­ge plaas­li­ke vee­art­se, on­der lei­ding van dr. Marc Wal­ton, voor­sit­ter van die Suid-Afrikaanse vee­art­se­ny-kom­mis­sie, en dr. Hamid G­ha­lam­sia van Iran.

Vee­art­se meet die perd se hart­klop, on­der­soek sy slym­vlie­se, luis­ter vir ge­son­de maag­klan­ke, toets vir ont­wa­te­ring, kyk vir

te­kens van mank­heid en be­sluit of die perd ver­der mag ry. Se­we perde is ná die eer­ste 40 km uit­ge­ska­kel. Ná ’n ver­plig­te rus­tyd­perk vaar die perde weer die woes­tyn in.

DUIN SE­WE

Eers ná 72 km deur diep sand, har­de sout­paad­jies en ’n ent langs die kus, doem die be­rug­te Duin Se­we voor rui­ters op. Die mees­te klim hier af en stap self.

“As jy weer on­der kom, is die helf­te van die duin in jou tek­kies,” het Re­ni van der Merwe, ’n Na­mi­bie­se rui­ter wat ver­le­de jaar die rit op die­self­de perd, Nag­hga­liet, vol­tooi het, skert­send ge­sê. “Hy weet be­slis

wat kom. Ge­woon­lik is hy oor­y­we­rig en warm, maar hier brand hy nie hom­self uit nie. Hy is ’n fan­tas­tie­se perd, so ge­mak­lik soos ’n li­mou­si­ne.”

Die laaste skof is net 16 km, “maar voel soos 30 km,” het S­han­non Par­ker, die lig­ge­wig-rui­ter wat eer­ste oor die wen­streep ge­ga­lop het, ge­sê. “Die duin­tjies is nie hoog nie, maar die sand is dik, die perde is moeg en hul­le is weg van hul maats af.”

S­han­non is ’n vier­de­jaar-vee­art­se­ny­stu­dent by On­der­ste­poort. Sy ry min­stens vyf keer per week perd. Haar eie perd, Na­jah, waar­mee sy op die kort­lys vir die SA s­pan was, is on­langs met os­teo-ar­tri­tis ge­di­ag­no­seer en moes uit­tree. Bart en Mar­na S­teyl van Wind­hoek het vir haar ’n perd aan­ge­bied. “Met geen ver­wag­tin­ge of plan­ne nie” is sy Wal­vis­baai toe, na ’n roe­te wat sy nie ken nie en ’n perd wat sy nog nie ge­ry het nie.

“Toe ek A­sa­ra vir die eer­ste keer ont­moet en haar ken krap, het sy haar kop ge­draai so­dat ek pre­sies die reg­te kol­le­tjie by­kom. Ek het da­de­lik be­sef sy’s ’n ou­li­ke perd.

“Ek het heel­pad sonder ’n GPS-hor­lo­sie ge­ry en tus­sen skof­te glad nie na my tyd­hou­kaart­jie ge­kyk nie. Ek het nie ge­weet wat ons spoed was nie – ek het haar net haar eie pas laat vat.” S­han­non en A­sa­ra was die al­ge­he­le wenners met ’n ge­mid­del­de spoed van 18,5 km/h. “Ek kon dit skaars glo. Om heel voor te ry, al­leen in die woes­tyn, toets ’n perd se kop. Maar A­sa­ra sal nooit op­gee nie.”

Jes­si­ca Mos­tert van Kaap­stad was twee­de in die lig­ge­wig-ka­te­go­rie met Ra­kib A­mi­ra, en C­har­le­ne Gru­now van Bloem­fon­tein der­de met Wa­ter­lea Skye.

In die stan­daard­ge­wig-ka­te­go­rie is Suné Wes­sels van Na­mi­bië ’n hart­klop voor Re­ni oor die eind­streep. Dit is haar vyf­de jaar as ’n ka­te­go­rie­wen­ner. Sy het Ma­ri­us Car­stens se Edl Ag­bahr Blue Do­mi­no ge­ry, wat deur haar pa, Ge­or­ge, in Go­ba­bis ge­oe­fen is. “Hy is ’n baie ge­wil­li­ge perd, hoe­wel hy soms har­de­koe­ja­wel kan wees.” Da­wid Losper van Go­ba­bis was der­de in dié ka­te­go­rie met Qu­e­pa­sa Mo­nas­sab.

‘EK SAL DIT WEER RY!’

Die vee­art­spa­neel het Re­ni se perd, Nag­hga­liet, be­kroon as die bes­te van die bes voor­be­rei­de perde – die een wat ná af­loop van die rit die bes­te ver­toon. “Hy was sterk tot op die laaste. Hier­die eer­be­wys is vir my die grootste ge­skenk.”

On­der die kin­der­rui­ters het die twaalf­ja­ri­ge Car­men Derks van Wind­hoek die wen­ti­tel ver­o­wer met die perd Kal­ha­ra­bi CD El Arab. Gi­an S­teyl (11) van Win­burg was twee­de met S­teyl Ten­ne­see, en Cai­la Pot­gie­ter (13) van O­sji­ka­ti der­de met Hurst Sai­gon. Gi­an het ge­sê “dit was kwaai, maar ek sal dit weer ry!”

La­ra van Niekerk van Har­ri­smith was eer­ste in die ju­ni­or ka­te­go­rie met Hurst Ro­nal­do. Bi­an­ca Ja­cobs van O­tji­wa­ron­go was kort op hul hak­ke met A­maal. Die Slo­waak Lu­cia Su­pe­ko­va, FEI se voor­ste rui­ter op die in­ter­na­si­o­na­le uithourit-lei­er­bord, was der­de. Haar twee­ling­sus­ter, Mi­ca­e­la, en ma, Lu­cia sr., het ook deel­ge­neem. Al drie het perde van die Na­mi­bie­se s­toet­te­ler Jan Fou­rie van Hurst Ara­bie­re ge­ry. Lu­cia se pa, Ras­to, het sy waar­de­ring uit­ge­spreek teen­oor Jan vir die ge­leent­heid.

Hen­dri van Wyk, die swaar­ge­wig-wen­ner, sê die rit was goed ge­or­ga­ni­seer, wat ’n groot rol speel in rui­ters se ge­moed. Sa­mu­el van Zyl en Lor­mar Ram­bo van Kok­stad en Ke­vin P­ri­ce Moor en Wa­ter­lea Wol­ve­ri­ne van Un­der­berg was on­der­skei­de­lik twee­de en der­de in dié ka­te­go­rie.

Suid-A­fri­ka se swaar­ge­wig-, lig­ge­wig-, en ju­ni­or s­pan het die in­ter­na­si­o­na­le kom­pe­ti­sie met Na­mi­bië ge­wen. Na­mi­bië se stan­daard­ge­wig­span het weer daar­die ka­te­go­rie ver­o­wer.

Al­te­sa­me 115 rui­ters (so­wat 70%) het die rit vol­tooi.

BO: Op har­der grond en plat soutpanne en kan ’n mens ’n ste­wi­ge ga­lop in­kry.ON­DER: Rui­ters ry vier skof­te en keer elke keer te­rug na Wal­vis­baai vir ’n vee­art­s­on­der­soek en ver­plig­te blaas­kans. Die twee­de skof is langs die see.

Duin Se­we, waar die pad steil en die sand op sy diep­ste is, toets perd en rui­ter.

BO: Die swaar­ge­wig-rui­ters, wat ti­pies sta­di­ger as die lig­ter rui­ters ry, spring eer­ste weg. Kort op hul hak­ke kom die stan­daard- en lig­ge­wig­te, as­ook die ju­ni­or en kin­der­rui­ters.ON­DER: Lang­a­sems oor die dui­ne. Lig­te rui­ters bly sit waar swaar­der rui­ters eer­der af­klim.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.