Herlewingslandbou: Var­ke vol­tooi die prent­jie

Vry­lo­pen­de var­ke en ’n char­cu­te­rie vol­tooi dees­dae die herlewingslandbou-prent­jie op die eeue oue S­pier-land­goed bui­te S­tel­len­bosch.

Landbouweekblad - - Inhoud -

Eeen van die bes­te boer­de­ry­werk­tuie is ’n vark­s­noet; dis ’n trek­ker wat jy kan eet na­dat dit sy we rk ge­doen het. Só sê mnr. An­gus M­cIn­tosh, ’n boer van die S­pier-land­goed bui­te S­tel­len­bosch in die Wes-Kaap.

“Dit het geen die­sel no­dig om te werk nie, geen dronk trek­ker­dry­wer nie, en ver­dig jou grond glad nie. En dit be­mes so ver dit be­weeg.”

An­gus se boer­de­ry, wat sy pro­duk­te on­der die nou reeds be­ken­de han­dels­merk Far­mer An­gus be­mark, het pas ’n char­cu­te­rie-af­de­ling (ge­rook­te kou­e­vleis) tot die rak­ke van sy plaas­slag­huis toe­ge­voeg.

Dit is ’n wel­ko­me aan­vul­ling tot die reeds ge­wil­de reeks pro­duk­te, wat on­der meer vleis­been­af­trek­sel in­sluit. Hul­le kan nie voor­bly om in die vraag daar­na te voor­sien nie. Die char­cu­te­rie-pro­duk­te is van vry­loop­var­ke wat op die plaas met die hulp van e­lek­trie­se draad­jies in­ge­span word om aan­ge­plan­te wei­ding­meng­sels in­ten­sief te be­wei. Die var­ke en hul vleis­pro­duk­te is die jong­ste ver­tak­king in An­gus se “sta­pel­boer­de­ry”, wat vry­lo­pen­de lê­hen­ne en ’n Li­mou­sin-kud­de in­sluit. Die var­ke, wat mo­no­gas­tries is, word om­trent elke drie dae ge­skuif na­dat hul­le ’n stuk wei­ding heel­te­mal om­ge­dol­we het. Die bees­te word so­wat vier keer per dag ge­skuif, en die hoen­ders, ook mo­no­gas­tries, word daag­liks ver­skuif saam met hul ei­er­mo­bie­le waar­in of waar­on­der hul­le skuil as dit koud en don­ker raak. Elke ei­er­mo­biel huis­ves 300 lê­hen­ne en op S­pier is 16 sul­ke mo­bie­le in vier groe­pe van vier. Vol­gens An­gus se be­re­ke­nings ver­or­ber so­wat 40 lê­hen­ne so­veel wei­ding as een bees. Al die wei­dings word tel­kens ’n mi­ni­mum rus­tyd van ses weke ge­gun om ge­son­de her-

groei te ver­se­ker.

Die var­ke waar­van Far­mer An­gus-pro­duk­te ge­maak word, is al­tyd bui­te op die wei­dings en word nooit in krat­te aan­ge­hou nie. Die kar­kas­se in die slag­huis word op die plaas ver­werk. Mnr. S­te­ve Jef­fe­ry, die pro­fes­si­o­ne­le char­cu­tier op die plaas, dring daar­op aan dat geen ni­tra­te of ni­trie­te in die reeks pro­duk­te ge­bruik word nie.

Hy ge­bruik ook geen sin­te­tie­se kruie of spe­se­rye wat met che­mie­se mid­dels be­spuit was nie. Al die spe­se­rye in sy meng­sels, soos die kol­jan­der, van plan­te wat sonder che­mie­se mid­dels ge­kweek is, skroei hy self.

An­gus sê die slag­huis op S­pier is se­dert De­sem­ber 2016 die e­nig­ste in Suid-A­fri­ka wat uit­sluit­lik vleis­pro­duk­te maak sonder om ni­tra­te of ni­trie­te in die ver­wer­kings­pro­ses by te voeg.

Die nu­we char­cu­te­rie-pro­duk­te van die var­ke sluit on­der meer pa­tee, spek, Lin­zer-sa­la­mi, eis­bein, ge­rook­te ham en frank­fur­ters in, en heel­wat word nog beplan so­dra daar ge­noeg geld is om die no­di­ge ge­rie­we in te rig.

Be­ne­wens die re­stau­ran­te op S­pier en el­ders is ’n ál ge­wil­der af­set­punt ook die Far­mer An­gus-web­werf. Daar kan pro­duk­te be­stel word, wat af­ge­le­wer word, sê An­gus.

DIE­RE NOOD­SAAK­LIK VIR HERLEWING

Hy voel sterk daar­oor dat die op­los­sing vir kli­maats­ver­an­de­ring nie ’n om­me­swaai na ve­ge­ta­ris­me is nie. “Die ant­woord is se­ker­lik nie vir die he­le be­vol­king om op te hou om vleis te eet nie. Hul­le moet op­hou om die ver­keer­de vleis te eet.

“As die­re kor­rek (vry­lo­pend) be­stuur word deur grond in ro­ta­sie te druk­be­wei, ver­hoog dit die grond se kool­stof­in­houd, en le­wer dit boon­op vleis wat mense voed en werk skep.

“Al­te­saam 58% van grond-or­ga­nie­se ma­te­ri­aal is kool­stof, en elke gram grond-or­ga­nie­se ma­te­ri­aal kan 8 gram wa­ter hou.

“Deur as verbruiker vleis soos dié van vry­lo­pen­de die­re te kies, help jy grond­ge­sond­heid her­leef deur­dat kool­stof met be­hulp van druk­be­wei­ding uit die at­mos­feer ver­wy­der en in die grond vas­ge­lê word. Soos Wen­dell Ber­ry, die A­me­ri­kaan­se boer en om­ge­wings­ak­ti­vis sê: Ons is al­mal by vol­mag boe­re.”

LANG PAD MET SKOOL­GELD

An­gus sê sy klan­te het al se­dert De­sem­ber 2008, toe hy be­gin boer het, ge­vra dat hy ook pro­duk­te van vry­lo­pen­de var­ke pro­du­seer. Ver­re­weg die grootste deel van die pro­duk­te op hier­die mark is van var­ke wat in krat­te leef.

Om met vry­lo­pen­de var­ke te leer boer, het hom eg­ter skool­geld ge­kos, er­ken hy rui­ter­lik. Hy het in Ju­nie ver­le­de jaar die eer­ste var­ke be­kom, en dit het 14 maan­de ge­kos om net al die grootste pro­ble­me daar­mee uit te stryk.

“Vry­lo­pen­de vark­boer­de­ry is meer van ’n in­ge­ni­eurs­pro­bleem as e­nig­iets an­ders. ’n Vark is die ver­nie­ti­gend­ste van al­le boer­de­ry­die­re. Hul voer­trôe, kon­struk­sies wat ska­du gee en drink­bak­ke moet dus baie sterk wees. In ons ge­val moet dit ook lig wees om­dat ons ter wil­le van grond­ge­sond­heid al ons die­re ge­du­rig ver­skuif (in ’n druk­be­wei­ding­stel­sel).”

An­gus sê die eer­ste keer waar hy so ’n mo­del ge­sien het wat ook in sy boer­de­ry be­hoort te werk, was by mnr. Hen­drik O’Neil, wat bui­te Be­la-Be­la in Lim­po­po met vry­lo­pen­de var­ke boer. (Sien ook “Ho­lis­tie­se vark­boer: Wen­re­sep uit am­per niks nie”, LBW , 5 Au­gus­tus 2016.)

SKUIFBARE HEININGS VIR VAR­KE

Die ver­skuif­ba­re e­lek­trie­se heinings waar­mee die vark­trop – al­te­saam 350 die­re – elke drie dae na nu­we wei­ding ge­skuif word, kan in ge­heel met son­pa­ne­le aan­ge­dryf word. An­gus het ge­leer dit is be­lang­rik om twee ho­ri­son­ta­le dra­de te ge­bruik, as­ook drie ver­ti­ka­le dra­de.

Hy sê hul­le het ook self die paal­tjies vir die e­lek­trie­se hei­ning ge­maak en ge­gal­va­ni­seer om­dat hul­le ge­vind het dié wat op die mark be­skik­baar is, is nie teen die var­ke be­stand nie.

An­gus noem voorts die raad van nog een van sy men­tors, wy­le mnr. Dick Isted van die plaas Tem­pe­va­le bui­te La­dy G­rey. “Dit is be­lang­rik om aan te hou om saad te ver­sprei in die kamp waar die var­ke is so­dat hul­le dit in die grond in kan trap, dit kan be­mes en so­doen­de die her­groei van jou wei­dings kan ver­se­ker.” Hy ge­bruik meng­sels van die saad­maat­skap­py A­gri­col daar­voor, wat hy wyd uit­strooi.

LEK-KEUSE

Wat lek-aan­vul­ling be­tref, het die var­ke vrye toe­gang tot ver­skil­len­de mi­ne­ra­le kom­po­nen­te in af­son­der­li­ke kas­sies in ’n ver­skuif­ba­re lek-slee, wat van plek tot plek ge­trek word na­ma­te die var­ke ver­skuif word. Elke vark vreet dus net aan­vul­lings na ge­lang van sy in­di­vi­du­e­le be­hoef­te en die kas­sies word af­son­der­lik aan­ge­vul na­ma­te dit le­ër raak.

An­gus sê hy vind ’n sink-aan­vul­ling is nood­saak­lik vir vry­lo­pen­de var­ke. In een kom­par­te­ment op die slee is dus sink­sul­faat. In ’n an­der is on­ge­was­te see­sout (hy ge­bruik die K­hoi­san-han­dels­merk van die Wes­kus) waar­by% peul­ge­was­sa­de ge­meng is.

In nog ’n kom­par­te­ment op die slee is die so­ge­noem­de Pat Co­le­by-meng­sel: 2 kg do­lo­mi­tie­se kalk, 1 kg kelp, 1 kg ko­per­sul­faat

en 1 kg swa­el­stof. (Wy­le me. Pat Co­le­by was een van die pi­o­niers van na­tuur­boer­de­ry in Aus­tra­lië en is be­kend om die boe­ke wat sy ge­skryf het oor hoe om sonder sin­te­tie­se en che­mie­se mid­dels te boer.)

KRAT-VARK PAS VIN­NIG IN DIE OPE AAN

Net soos die vry­loop-lê­hen­ne in hul boer­de­ry se ei­er­mo­bie­le, het die var­ke toe­gang tot ska­du-mo­bie­le wat uit lig­ge­wig-staal ge­maak is. Daar kan hul­le teen die hit­te skuil wat in die so­mer tot ho­ër as 40 °C be­weeg.

An­gus koop nog var­ke uit krat­stel­sel-boer­de­rye ter­wyl hy sy eie teel­kud­de op die plaas uit­bou, en sê dit is merk­waar­dig hoe vin­nig die krat-var­ke by die bui­te­le­we aan­pas.

Bin­ne weke uit die krat suk­kel hul­le nie met son­brand nie en ont­wik­kel hul­le ’n ha­ri­ge be­dek­king.

Hy let ook op dat die vry­lo­pen­de var­ke se vleis don­ker­der is. Dit is dank­sy die gro­ter hoe­veel­heid vi­ta­mien D waar­toe hul­le in die bui­te­lug toe­gang het, as­ook die be­ta­ka­ro­teen en chlo­ro­fil van­af die groen gras wat hul­le be­wei.

Al­le be­re word ge­kas­treer om­dat hul­le in die ope sta­di­ger groei en dus ou­er as 154 dae word. Dit word ook ge­doen om die sleg­te geur (so­ge­noem­de beer­geur) te ver­my wat on­ge­kas­treer­de be­re teen daar­die ou­der­dom na ’n slag­huis kan bring.

Die var­ke is i­de­aal ge­skik om die af­val uit die land­goed se re­stau­ran­te te be­nut.

Al­le nie-vleis-af­val uit die re­stau­rant, as­ook af­val van ’n plaas­li­ke su­per­mark en groen­te-groot­han­de­laar, word op die wei­dings vir die var­ke uit­ge­gooi.

Die res van hul aan­vul­len­de rant­soe­ne op die wei­dings is ge­breek­te ei­ers, wat vroe­ër be­gra­we is, van ’n na­by­ge­leë ei­er­plaas en ’n vark­rant­soen wat die Suid-Afrikaanse voer­maat­skap­py Pro­fi­le Feeds met ’n aan­leg by Klap­muts vir die boer­de­ry saam­stel.

Mnr. An­gus M­cIn­tosh by die Ver­hac­kert (heel on­der), sa­la­mistok­kies en ge­rook­te wors wat van die eer­ste char­cu­te­rie is wat uit die S­pier-land­goed se vry­lo­pen­de vark­boer­de­ry ge­le­wer word, in die slag­huis op die plaas. lbw@landbou.com Vry­lo­pen­de var­ke dol­we ’n wei­kamp op die S­pier-land­goed om. Hul­le word voort­du­rend in ’n druk­be­wei­ding­stel­sel met e­lek­trie­se draad­jies ge­skuif om grond­ge­sond­heid en aan­ge­plan­te wei­dings te laat her­leef.

Die by­drae van vark-druk­be­wei­ding tot grond- en plant-ge­sond­heid op die S­pier-land­goed. Op die groen deel regs het var­ke ge­wei en op die bruin deel links geen var­ke nie. Voor­heen is al­bei kam­pe ja­re lank vol­gens pre­sies die­self­de re­sep deur bees­te druk­be­wei, sê mnr. An­gus M­cIn­tosh. “Die­self­de grond, die­self­de wei­dings wat ge­plant was.”

Mnr. An­gus M­cIn­tosh by een van die leksleë wat hy in die plek van kon­ven­si­o­ne­le lek­blok­ke ge­bruik om sy var­ke en bees­te vrye toe­gang tot en keuse van ver­skil­len­de mi­ne­ra­le kom­po­nen­te in ver­skil­len­de kom­par­te­men­te te gee. Dit is met wie­le toe­ge­rus so­dat dit ge­reeld en maklik in ’n druk­be­wei­ding­stel­sel saam met die die­re na nu­we wei­ding ge­skuif kan word.

S­pier se vry­lo­pen­de Li­mous­ins.

Vry­lo­pen­de lê­hen­ne se ei­ers word op die S­pier-land­goed by­me­kaar­ge­maak. Die hen­ne vorm deel van ’n druk­be­wei­ding­stel­sel waar­van var­ke en bees­te ook ge­ïn­te­greer is. Op die ag­ter­grond is die ver­skuif­ba­re ei­er­mo­bie­le, lê­hoen­der­wa­en­tjies met in­ge­bou­de nes­te, wat daag­liks saam met die hoen­ders van kamp tot kamp skuif en skui­ling teen die e­le­men­te bied.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.