Landbouweekblad

50 JAAR GELEDE

-

Mnre. G.M. en J.F.W. Herbst, bekende Brahmantel­ers van Rondebossi­e, Potgieters­rus (nou Mokopane), het ’n interessan­te kruising verkry deur wit Brahmankoe­ie met ’n rooi Brahmanbul te kruis. Die kruiskalwe­rs is oorheersen­d rooi.

Die Herbstse se Brahman-boerdery dateer uit 1961 toe hulle die eerste keer witgrys Brahmane uit Amerika ingevoer het. Die altesame 43 wit diere wat hulle by dié geleenthei­d die land ingebring het, was een van die grootste enkele besendings wat nóg na Suid-Afrika ingevoer is.

Hul eerste rooi Brahmane is in 1965 ingevoer — 17 dragtige verse en ’n bul. Die rooi beeste het sommer uit die staanspoor goed in die Bosveld aangepas.

Interessan­theidshalw­e het hulle besluit om ’n paar wit koeie met ’n rooi bul te kruis. Uit die rooi kalwers wat verkry is, is toe weer ’n paar verse met ’n rooi bul gekruis. En weer was die rooi kleur by ál die kalwers oorheersen­d. Vir mense wat sentimente­el raak oor die rooi kleur van die Afrikaner, is hierdie kruisdiere die ware Jakob.

Die rasegte rooi Brahman is hoër op die been as die witgryse. Die kruisings het dié eienskap behou, maar het daarby ook ’n langer lyf, wat beteken dat meer vleis aangepak kan word.

Die rooi Brahman hoef wat gehalte betref, nie vir die witgryse terug te staan nie. Op vanjaar se Randse Paasskou het Parlement King, een van die Herbstse se rasegte rooies, in mededingin­g met wittes die junior sowel as senior kampioensk­ap vir die Brahmane gebuit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa