SANPARKE ONREGVERDIG BE­VOOR­DEEL?

Landbouweekblad - - Briewe -

Op 25 Au­gus­tus van­jaar ty­dens ’n pa­ra­de is se­ke­re veld­wag­ters van Sanparke vir die be­sker­ming van re­nos­ters ver­eer. Nie ’n en­ke­le woord is ge­rep of dank uit­ge­spreek teen­oor wild­boe­re vir hul aan­deel in dié taak nie.

My vraag is of dit dan nie veld­wag­ters se plig is waar­voor hul­le be­taal en met die no­di­ge ge­rie­we en toe­rus­ting toe­ge­rus word nie.

Ter­wyl geld in­stroom om re­nos­ters te be­skerm en Sanparke se beur­sie bult, is re­nos­ter­boe­re aan hul eie lot uit­ge­le­wer. Dít nie­teen­staan­de die feit dat daar meer wild in pri­va­te be­sit as in na­si­o­na­le par­ke is.

Waar­om word daar nie aan wild­boe­re ge­dink wat uit hul eie sak vir die on­der­houd en be­sker­ming van re­nos­ters ver­ant­woor­de­lik is nie? Dit is wild­boe­re wat sorg vir die teel van prag­die­re en ’n ba­lans in die na­tuur hand­haaf. Dit is wild­boe­re wat jag­ters van oor die wêreld na Suid-A­fri­ka lok en so­doen­de ’n aan­sien­li­ke by­drae tot die staats­kas le­wer.

My voor­stel is dat geld wat vir die be­sker­ming van re­nos­ters in­ge­vor­der word, reg­ver­dig tus­sen re­nos­ter­boe­re en Sanparke ver­deel moet word en dat on­reg­ver­di­ge be­voor­de­ling moet op­hou. Die waar­de van die re­nos­ter vir ’n boer en Sanparke is pre­sies die­self­de. Daar­om moet ge­reg­tig­heid ge­skied. GA­WIE RICHTER Mo­di­mol­le

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.