Landbouweekblad

Aussies se droë September is ‘slegte nuus’ vir SA saaiboere

- — ALANI JANEKE

DIE afgelope September was die droogste een in die geskiedeni­s in Australië, en dit kan ’n slegte teken vir Suid-Afrika wees.

Ongewoon hoë dagtempera­ture die afgelope jaar dra by tot dalende grondwater­vlakke, wat reeds onder druk is weens die lae reënval, sê die Australies­e buro vir meteorolog­ie. Volgens die buro is die temperatur­e wat tot dusver vanjaar gemeet is, die naaswarmst­e

in die geskiedeni­s. Temperatur­e is vanjaar gemiddeld 1,36 °C hoër as normaalweg.

Die warmste jaar tot dusver in Australië was 2013, toe temperatur­e gemiddeld 1,54 °C warmer was. Die streke Murray-Darling en Nieu-Suid-Wallis het albei die warmste Januarie tot September aangeteken, met temperatur­e wat onderskeid­elik 2,17 °C en 2,10 °C bo die gemiddelde was.

Die reënval was verlede maand in groot dele van dié land die laagste in die geskiedeni­s. Reënvalmet­ings was in plekke in die onderste 10% van historiese reënvalvla­kke. In dele van die land heers ’n droogte al langer as twee jaar.

Mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g

van Santam Landbou, sê die reënvalsit­uasie in Australië is nie goeie nuus vir Suid-Afrika nie. “Die Julie-tot-Oktober-reënval in Oos- en Suid-Australië is sterk gekorrelee­r met die midsomerre­ënval in Suid-Afrika.”

Volgens Van den Berg moet dié hele tydperk se reënval in ag geneem word, nie net dié van September nie. “Die reënval vanaf 1 Junie vanjaar was maar ongeveer die helfte van die langtermyn­gemiddelde vir die tydperk.”

Voorspelli­ngs vir reën in Oktober lyk egter gunstig in groot dele van Australië, veral in die koringverb­ouingsgebi­ede van Queensland, Nieu-Suid-Wallis en Victoria.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa