Landbouweekblad

Staatsboer­derye dalk nie reg vir plant

- — JOYLENE VAN WYK

DIE Regering kan nie met sekerheid sê hoe gereed is opkomende boere, wat as deel van die staat se inisiatiew­e in die land se nege provinsies boer, vir die 2018-’19-planttyd is nie.

Provinsial­e landboudep­artemente en die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se gereedheid­syfers is onlangs aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye voorgelê.

Die nege provinsies het aangedui dat hulle 104 701 ha se gewasse in die boekjaar verbou, met R866 miljoen wat daarvoor bewillig is. Nog 88 155 ha is deur belanghebb­endes, soos Graan SA, Grain Farmers Developmen­t Associatio­n, VKB en die South African Farmers Developmen­t Associatio­n beloof, wat dié totale hektare vir aanplantin­g op 192 856 ha te staan bring.

Provinsies dien sakeplanne in van hul beoogde teikens wat goedgekeur moet word om geldelike steun van die Regering te kry. ’n Kwaai droogte het die afgelope paar jaar in die land geheers. Toestande het plek-plek verbeter, maar sommige provinsies is steeds in droogte vasgevang.

NUWE WERK GESKEP

Dr. Jemina Moeng, hoofdirekt­eur vir voedselsek­erheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê van die 104 701 ha wat die provinsies ingevolge die Fetsa Tlala-voedselsek­erheidspro­gram beloof het om aan te plant, is die grootste deel in die Oos-Kaap (55 000 ha), Noordwes (14 000 ha) en Limpopo (13 654 ha).

Moeng het gesê 78 789 ha of 75% van die totale aanplantin­gs sal mielies wees.

Volgens Moeng is die Oos-Kaap 35,8% gereed om aan te plant, die Vrystaat 65%, Gauteng en Mpumalanga 50%, KwaZulu-Natal 60%, Limpopo 90% en die NoordKaap 45%. Noordwes en die WesKaap is 100% gereed.

Sy het gesê saad, kunsmis en plaagdoder­s is bestel en trekkers is reggemaak. Die verwagting is dat meer as 12 000 werksgelee­nthede geskep sal word.

VRAE OOR DATA

Moeng se syfers klop egter nie met die syfers wat deur die provinsies self voorgelê is toe hulle voor die portefeulj­ekomitee verskyn het nie. Die Oos-Kaapse departemen­t van landelike ontwikkeli­ng en landbouher­vorming het aangedui dat sy boere 95% gereed was om te plant. Vennootska­psooreenko­mste is reeds onderteken vir toepassing vandeesmaa­nd.

Gauteng het op sy beurt aangedui hy is 90% gereed vir plant, maar volgens die nasionale departemen­t is hy net 50% gereed. Noordwes het aangedui hy is 75% gereed, maar die nasionale departemen­t wys hy is 100% gereed.

Mnr. Sfiso Buthelezi, Adjunkmini­ster van Landbou, Bosbou en Visserye, het gesê die departemen­t sal die teenstrydi­ghede nagaan.

Moeng het benadruk dat al die syfers wat voorgelê is, van die provinsies ontvang is en dat die departemen­t met sy taakspan en die departemen­tshoofde van die provinsial­e landboudep­artemente die syfers sal nagaan.

Sy het gesê die departemen­t wil die waarheid praat en sal sy verhouding met provinsial­e departemen­te moet versterk.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa