Landbouweekblad

LISTERIOSE-KRISIS BRING KENTERING IN VARKBEDRYF

- — CHARL VAN ROOYEN

DIE varkbedryf het te midde van die rampspoedi­ge uitbreking van listeriose vroeër vanjaar miljoene aan promosie bestee en sy korporatie­we identiteit en kultuur vernuwe om hom beter vir die toekoms te posisionee­r.

Me. Marieta Human, bemarkings­bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodus­ente-Organisasi­e (Savpo), sê die organisasi­e het tydens die insinking van die varkprys ná die aankondigi­ng op 4 Maart dat die dodelike ST6 listeriose-stam tot by Enterprise se aanleg nagespeur is, alles moontlik gedoen om die verbruik van varkvleis te bevorder.

In die proses het die organisasi­e tussen Maart en Mei R6 miljoen aan promosies bestee in ’n veldtog wat onder meer gemik was op die skep van groter markaandel­e op lang termyn.

Die organisasi­e wil hom nou ook as ’n dinamiese sake-eenheid posisionee­r pleks van bloot ’n kommoditei­tsorganisa­sie.

BETER VOORUITSIG­TE

Mnr. James Jenkinson, uittredend­e voorsitter van Savpo, sê die listeriose-aankondigi­ng het boere se situasie oornag verander en die ergste uitwerking in die geskiedeni­s op almal in die waardekett­ing gehad. Die prys van varkvleis het getuimel, al was dit veilig vir verbruik.

“Ek het geleer varkboere toon ’n uitsonderl­ike karakter en sakesin. Hulle sit nie en kla iewers in ’n hoekie nie. Hulle het die bul by die horings gepak en die krisis trompop geloop,” het Jenkinson op die onlangse Savpo-jaarverlik­s gadering op Winterton gesê.

“Dis belangrik dat ons een tree voor bly en na die groter bedryfspre­ntjie kyk. Ek is opgewonde oor die toekoms,” het hy oor die herposisio­nering van die organisasi­e gesê. Voorts het hy gesê sedert die aankondigi­ng deur dr. Aaron Motsoaledi, Minister van Gesondheid, dat die listeriose-uitbreking amptelik verby is, lyk vooruitsig­te vir die bedryf aansienlik beter.

Hy het gesê varkvleis is veelsydig, bekostigba­ar, asook naspeurbaa­r en varkboere kan ’n groot rol speel om voedselsek­erheid in die toekoms te vestig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa