Landbouweekblad

BANKE ‘WIL VENNOTE WEES’

- CARIEN KRUGER

DIE Bankvereni­ging van Suid-Afrika (Basa) praat met die staat oor hoe finansieri­ng aan opkomende boere verbeter kan word.

Mnr. Pierre Venter, hoofbestuu­rder van menslike nedersetti­ngs by Basa, sê die banksektor wil, waar moontlik, ’n belangrike vennootska­psrol in Suid-Afrika speel sodat grond- en landbouher­vorming bewerkstel­lig kan word. Hy meen dit kan die land se skeefgetre­kte grond- en maatskapli­k-ekonomiese patrone omkeer.

Basa is volgens hom in ’n vroeë stadium van gesprekke met die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye oor ’n dokument met voorgestel­de beleid oor omvattende steun vir produsente-ontwikkeli­ng, wat onlangs vir kommentaar bekend gemaak is. “Ons het met gesprekke begin om te bepaal of ons, saam met die Regering, die verskaffin­g van finansieri­ng aan opkomende boere kan verbeter sonder om beleggersg­eld en deposito’s te benadeel.”

VERBETER RISIKO SÓ

Pres. Cyril Ramaphosa het onlangs in sy herstel- en stimuluspl­an vir die ekonomie na “gemengde finansieri­ng” vir opkomende boere verwys.

Venter sê só ’n samevoegin­g van staatsfina­nsiering of -steun en lenings deur die private sektor kan verskeie vorme aanneem.

Van die staat se kant af kan dit ’n vooruitbet­aalde kapitaalto­ekenning wees, en/of ’n gesubsidie­erde rentekoers, en/ of ’n staatswaar­borg om risiko te verminder, en/of ’n staatskema vir indeksoesv­ersekering om oeste teen droogte of vloede te beskerm.

“Die gedagte is in wese om die risiko van ’n opkomende boer te verminder of sy winsgewend­heid te verhoog tot ’n vlak waar kommersiël­e banke in staat is om steun te bied sonder om hul kommersiël­e haalbaarhe­id en volhoubaar te benadeel.

“Bankbare lenings is gegrond op die waarskynli­kheid – op ’n redelike risikovlak – dat ’n lener in staat is om die skuld terug te betaal.”

Venter sê ’n ander moontlike manier om die risiko van bankbare moontlikhe­de te verbeter, is om ’n waardekett­ingbenader­ing te volg waar die hoofrisiko-aspekte soos produksiev­aardighede, marktoegan­g en afset van produkte verseker kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa