Wol ver­vang ve­sel­glas in dié nu­we bran­der­plan­ke

Landbouweekblad - - Promosie -

’N NIEU-SEE­LAND­SE ver­vaar­di­ger van bran­der­plan­ke het saam met die New Ze­a­land Me­ri­no Com­pa­ny ’n nu­we teg­no­lo­gie ont­wik­kel om glas­ve­sel met wol te ver­vang vir sy nu­we reeks bran­der­plan­ke.

Die bran­der­plan­ke, wat on­der die han­dels­naam “Wool­ig­ht” ver­koop sal word, word in Fe­bru­a­rie vol­gen­de jaar in Aus­tra­lië be­kend ge­stel.

Die ver­vaar­di­ger Chris Bar­ron sê hoe­wel die plan­ke maar net ’n drup­pel in die o­se­aan is, hou die teg­no­lo­gie groot po­ten­si­aal in om vir an­der wa­ter­sport­pro­duk­te ge­bruik te word.

Die grootste voor­deel van wol is dat dit hom toe­laat om gro­ter buig­saam­heid in die plan­ke in te bou as met glas­ve­sel. Hy sê ook wol is veel lek­ker­der om mee te werk, daar is minder ver­mor­sing om­dat die af­val­wol her­ge­bruik kan word en dat hy minder har­puis vir die plan­ke be­no­dig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.