Landbouweekblad

UNIEKE SA PRODUKTE OP LYS VAN SKAARS KULTIVARS

- LUCILLE BOTHA

Twee tradisione­le Suid-Afrikaanse vars produkte het onlangs ’n plek gekry op die organisasi­e Slow Food se Presidia-lys. Dit moedig die produksie aan van produkte wat die risiko loop om te verdwyn omdat meer aandag aan grootskaal­se kosproduks­ie gegee word.

Reënboog-mielies en Rex Union-lemoene is die jongste toevoeging­s tot hierdie lys.

“Albei dié tradisione­le kultivars is van geslag tot geslag aangegee deur familieboe­rderye en behoort bewaar te word vir toekomstig­e geslagte,” lui ’n nuusbrief deur Slow Food Presidia.

Reënboog-mielies (ook bekend as Ekukanyeni Zulu-mielies) is ’n erfenis-mieliekult­ivar wat in Suid-Afrika verbou is lank voor kommersiël­e en GM kultivars op die voorgrond getree het. Die kultivar het sy naam te danke aan die veelkleuri­ge mieliepitt­e, wat enigiets van blou, karmosynro­oi, oranje, roomwit, violet en heldergeel tot pienk kan wees.

“Nie een mieliekop is dieselfde as die ander nie, ook nie wat lengte betref nie. Dit kan van 15 cm tot 30 cm lank wees.”

Hoewel dit nie kommersiee­l verbou word nie, is die kultivar se voortbesta­an te danke aan bestaansbo­ere wat die saad van pa na seun aangee.

“Daar is min historiese dokumentas­ie, maar ons glo die mielies het in die sestiende eeu met behulp van Portugese handelaars in Suid-Afrika aangekom. Die graan vaar veral goed in KwaZulu-Natal en het vinnig die stapelvoed­sel vir die Zoeloes geword, wat pap of stampmieli­es daarmee maak.”

Die Slow Food-netwerk in Johannesbu­rg het ’n paar boere in die Vallei van Duisend Heuwels opgespoor wat steeds reënboogmi­elies plant. Tot onlangs was dit die enigste plek waar die reënboogmi­elies verbou is. Van die saad is ook die afgelope tyd na Gauteng versprei, waar die eerste mielies vanjaar geoes is.

Die Rex Union-lemoen word net op een plek in Suid-Afrika aangetref, naamlik die Lemoenfont­ein-plaas by Rustenburg in Noordwes.

“Die Rex Union is die resultaat van ’n kruising tussen ’n soet lemoen en ’n pomelo. Dit word botanies geklassifi­seer as Citrus x paradisi.”

In 2014 is die boord redelik verwaarloo­s, maar die Slow Food-netwerk het aan die werk gespring om produksie en openbare belangstel­ling weer aan die gang te kry. Produksie het intussen ook na ’n ander plaas en verwerker uitgebrei. ’n Mens maak veral heerlike marmelade met hierdie kultivar.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Die Rex Union-lemoen word net op een plek in Suid-Afrika – naby Rustenburg in Noordwes – aangetref. FOTO: VERSKAFHEE­L BO: Reënboogmi­elies het in die sestiende eeu via Portugese handelaars hul weg na Suid-Afrika gevind. FOTO: VERSKAF
BO: Die Rex Union-lemoen word net op een plek in Suid-Afrika – naby Rustenburg in Noordwes – aangetref. FOTO: VERSKAFHEE­L BO: Reënboogmi­elies het in die sestiende eeu via Portugese handelaars hul weg na Suid-Afrika gevind. FOTO: VERSKAF

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa