Landbouweekblad

OVK gee stukrag aan platteland

Goeie pryse, opbrengste en reënvalsyf­ers het daartoe gelei dat OVK se handelstak­ke vanjaar ’n baie goeie omset getoon het.

- NAVRAE: E-pos: ovk@ovk.co.za; webwerf: www.ovk.co.za; tel: 051 923 4500.

Saai boere in die besproeiin­g s gebiede het rekordoest­e behaal, en boere in die droëlandge­biede het die grootste oeste nóg gelewer. Die silo’s was onder groot druk om genoeg graan in te neem en te versend, het mnr. Gilly Scheepers, voorsitter van die OVK-Groep, in sy voorsitter­srede gesê op die algemene jaarvergad­ering van OVK Beherend (Edms.) Bpk. en OVK Bedryf Beperk op Ladybrand.

Veeboere het hoë vesel- en vleispryse gekry en behalwe vir dele van die Wes-, Oos- en NoordKaap het die res van OVK se bediening sgebied hoë reënvalsyf­ers aangeteken.

Hierdie voorspoed word weerspieël in die omset van OVK se 52 handelstak­ke, wat met 9,8% tot R2,69 miljard gestyg het. Die totale omvang van die OVK-Groep se besigheid het met 6,85% gegroei tot R 9,13 miljard, met’ n rekordwins( voor belastinge n lojaliteit betalings) van R 261 miljoen.

Die maatskappy se aandeelhou­ers het tot 12 321 toegeneem, teenoor slegs 3 500 in 2012.

Scheepers het na OVK se belangrike rol op die platteland verwys, nie net ten opsigte van werkskeppi­ng nie, maar ook in inwoners se alledaagse lewe. OVK is byvoorbeel­d op nege dorpe die enigste brandstofv erskaffer, en dit bly ’n stryd om bykomende lisensies te bekom.

GROND EN DIVIDENDE

Scheepers het kortliks verwys na onsekerhed­e op die politie- ke front, veral oor onteiening sonder vergoeding. Dít, het hy gesê, is nie haalbaar of uitvoerbaa­r nie. Dit veroorsaak wantroue tussen die landbousek­tor en die Regering en skep ongesonde verhouding­s.

Die gunstige produksie toestande weerspieël ook O VK se debiteureb­oek, wat ’n afname in agterstall­ige skuld toon.

Mnr. Stéfan Oberholzer, besturende direkteur van die OVK-Groep, het dit toegeskryf aan boere se kontantvlo­ei wat verbeter het danksy hoër vleisen veselpryse.

Deur middel van die lojaliteit­skema is R29,2 miljoen aan bona fide-boere uitgekeer, wat ná die afgelope droogte ’n welkome finansiële inspuiting in dié sektor was. Oberholzer het gesê sekere bedryfs afdelings, soos meulens, meganisasi­e en eiendomme, het ’n moeilike jaar gehad, maar die kernsake, waaronder handel, graan, vesel en kliënte finansieri­ng, het die grootste bydrae tot die rekordwins gelewer.

Hy het gesê diversifik­asie, geografies en in sake-eenhede, bring mee dat OVK steeds een van die bestendigs­te en kerngesond­ste landboub esighede in Suid-Afrika is. Gevolglik is ’n rekord-dividend van 70 sent per aandeel verklaar, wat saam met die lojaliteit skorting me eras R70 miljoen beloop het en wat aan die produsente-aandeelhou­ers toegedeel is.

Die huidige jaar gaan gepaard met groot onsekerhei­d en die landbousek­tor staan op die drumpel van groot veranderin­gs en struikelbl­okke wat oorkom moet word. Die gevolge daarvan sal nog manifestee­r en gaan ’n invloed hê op toekomstig­e resultate in die landbousek­tor.

Mnr. Francois Seymore is die redakteur van OVK Nuus.

 ?? FOTO: JOHAN NORVAL ?? Saaiboere in die Vrystaat se besproeiin­gsgebiede het rekordoest­e behaal en boere in die droëlandge­biede het die grootste oeste nóg gelewer.
FOTO: JOHAN NORVAL Saaiboere in die Vrystaat se besproeiin­gsgebiede het rekordoest­e behaal en boere in die droëlandge­biede het die grootste oeste nóg gelewer.
 ?? FOTO: OVK ?? Mnr. Stéfan Oberholzer besturende direkteur van OVK.
FOTO: OVK Mnr. Stéfan Oberholzer besturende direkteur van OVK.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa