Landbouweekblad

VOLHOUBAAR­HEID VERGEMAKLI­K

- — JOHAN VAN DER MERWE

Boere behoort eersdaags toegang te hê tot Sherpa, ’n boerderybe­stuursprog­ram wat ontwikkel is om die ontwikkeli­ng en toepassing van volhoubaar­heidstrate­gieë te ondersteun. Mnr. David Farrell en sy span by Blue North is al ’n bykans ’n dekade lank gemoeid met die koördineri­ng van veranderin­g, met die klem op volhoubaar­heid.

Sherpa is programmat­uur wat die volhoubaar­heidsraamw­erk van ’n boerdery, die standaarde waarna gestreef word, die planne om dié standaarde te bereik, alle bedrywighe­de wat in ag geneem word binne hierdie aksieplann­e, en selfontled­ing in ’n enkele struktuur saamvat.

“Sherpa is ’n aanlyn bestuurste­lsel wat ontwerp is om boere by te staan in hul strategies­e reis om die veerkragti­gheid en lewensvatb­aarheid van hul boerderye op lang termyn te versterk. In die proses om boerderye volhoubaar­der te bestuur, het ons besef elke boerdery is uniek. Sherpa is ontwikkel om hierdie eiesoortig­heid in die proses in te bou en steeds die boerdery veerkragti­g, lewensvatb­aar en volhoubaar te maak. Daar is regstreeks­e voordele, en dit dien ook as ’n goeie hulpbron om aan derdeparty­standaarde, soos GlobalGap en Fairtrade, te voldoen,” sê Farrell.

Blue North is tans besig om met voornemend­e klante te skakel om die werking van die programmat­uur vaartbelyn te maak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa