Landbouweekblad

BEDRYF OP ’N ‘GOEIE PLEK’

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

Die sybokhaarb­edryf beleef tans ’n baie goeie seisoen met volumevlak­ke wat baie dieselfde is as verlede seisoen, terwyl pryse hoër is. Mnr. Riaan Marais, mediaen kommunikas­iebestuurd­er van Sybokhaar Suid-Afrika, sê produksieg­ewys beloop vanjaar se skeersel sowat 2,4 miljoen tot 2,5 miljoen kilogram. Die totale waarde van uitvoer in 2017 was R1,5 miljard.

Marais meen die huidige seisoen kan weer op daardie vlak eindig. “Dit kan selfs effens hoër wees weens die goeie pryse wat boere tans kry. Die totale inkomste van die bedryf word egter eers ná die laaste veiling vanjaar bepaal. Daar is nog drie veilings oor,” sê hy.

“Die veiling wat einde September gehou is, het ’n gemiddelde prys van R292,27/kg gelewer. Vergeleke met die ooreenstem­mende veiling verlede jaar, toe die prys R202,34/kg was, was daar ’n styging van sowat R90/kg. Dit is ’n teken van ’n groot vraag vanuit die buiteland na natuurlike vesels.

“Dit is nie noodwendig ’n unieke bokhaarsit­uasie nie, en ons sien dit ook in die wolmark.”

Intussen is die sybokhaarb­edryf besig om na nuwe geleenthed­e te kyk, terwyl daar steeds groot aptyt vir Suid-Afrikaanse sybokhaar in die tradisione­le uitvoermar­kte van China, Italië en Taiwan bestaan.

“Die druk van diereregte­organisasi­es vroeër vanjaar het nog nie ’n noemenswaa­rdige invloed op die vraag na sybokhaar gehad nie, maar ons hou die situasie dop. Sybokhaar Suid-Afrika bly in kontak met uitvoerder­s en ons kry steeds goeie ondersteun­ing van dié markte. Die komende seisoen sal ook ’n beter aanduiding kan gee van hierdie invloed. Intussen bevind die sybokhaarb­edryf homself in ’n goeie posisie en ons sien uit na die komende seisoen,” sê Marais.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa