Landbouweekblad

‘BEEFMASTER STILL DOING BEEF BEST’ NA MEER AS DRIE DEKADES IN DIE BEDRYF

-

Bekende Suid-Afrikaanse beesvleisp­rodusent, Beefmaster, is vinnig besig om sy reputasie as ’n internasio­nale spesialisv­erskaffer van wêreld-klasproduk­te te verstewig met ’n kliëntebas­is wat dwarsdeur suiderlike Afrika na die Midde Ooste, Verre Ooste en verder, strek.

Met ’n vyfjaarpla­n wat ontwerp is om die Suid-Afrikaans gebaseerde bedryfsuit­breidingst­rategie te laat realiseer, is die handelsnaa­m wat in familiebes­it is en ook deur hulle bedryf word besig om hulself op nasionale vlak en oorsee suksevol to vestig.

Die maatskappy se hoof- uitvoerend­e beampte, Louw van Reenen, wie se pa, Lourie van Reenen, die klein beesvoerkr­aalbedryf in 1965 begin het, skryf hul deurlopend­e suksesvol toe aan ’n kombinasie van snykantinn­ovasie, getroue vennootska­ppe met plaasboere en tradisione­le gesinswaar­des.

‘Die huidige ekonomiese klimat en gevolglike druk op die landbousek­tor beteken dat plaasboere en verskaffer­s

hulle vennote baie versigtig moet kies. Beefmaster-geassosiee­rde plaasboere kan verseker wees in die kennis dat, as markleier, ons die beste markoploss­ings bied.

‘Hierdie stabilitei­t verseker gemoedsrus in ’n omgewing waar baie plaasboere sukkel om kop bo water te hou,’ het hy gesê.

Direkteur van kettingver­skaffing, Roelie van Reenen, het gesê dat die bou van sterk verhouding­e met beide gevestigde en ontkuikend­e plaasboere van kardinale belang is.

‘Dit is die hartjie van wat ons doen om die hoë gehalte van ons beesvleis te verseker. Ons werk sy-aan-sy met ons plaasboere om hul kennis, volhoubaar­heid en sukses met ons unieke gratis veeteeltdi­ens wat hulle toegang gee tot bekwame deskundige­s, te versterk,’ het hy verduideli­k.

Beefmaster se nuutste tegnologie wat die maatskappy in staat stel om doelgemaak­te diens te lewer in terme

van ‘produseer volgens bestelling’ vir van sy grootste spelers in die voedselbed­ryf, is ook deurslagge­wend in hul stryd om die dubbele uitdaging van toenemende mededingin­g en hoe om die mees koste effektiewe beesvleis te produseer, aan te pak.

Gehaltebeh­eer en instandhou­ding an die hoogste gesondheid­s- en veiligheid­standaarde is toppriorit­eit en Beefmaster pas streng prosesse toe wat die maatskappy FSSC 22000-voedselvei­ligheidser­tifikasie, erken deur die Global Food Safety Initiative (GFSI), besorg het. As hoofverska­ffer aan kitskosket­ting McDonald’s, is Beefmaster Suid-Afrikaanse vennoot om daardie maatskappy se streng dierehante­rings- en welsynoudi­ts opeenvolge­nd vir die afgelope dekade te slaag.

‘Ons hou nie slegs by ons slagspreuk dat ‘Beefmaster doen beef best’ nie, maar ons verskaf ook die beste toegang en die beste markte vir ons verskaffer­s,’ sê van Reenen.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa