Landbouweekblad

Waardasie-agterstand noodsaak ingryping

- — JOYLENE VAN WYK

EIENDOMSWA­ARDEERDERS in private praktyk het die meeste van die waardasies vir die Regering se grondhervo­rmingsprog­ram in die afgelope boekjaar gedoen.

Die kantoor van die grondwaard­eerder-generaal, wat spesiaal in die lewe geroep is om sulke waardasies te doen, kon die afgelope geldjaar net R16,1 miljoen van sy begroting van R78 miljoen bestee. Dit blyk uit die waardeerde­r-generaal se eerste jaarversla­g, wat pas uitgereik is.

Die kantoor is in Augustus 2015 gestig om “billike en regverdige” vergoeding te bepaal vir grond wat die staat wil bekom. Die eerste waardering­s wat deur dié kantoor bekend gemaak is, is egter met groot teenkantin­g begroet.

Mnr. Christophe­r Gavor, waardeerde­r-generaal, sê in die oorsig van sy jaarversla­g vir 2017-’18 die kantoor het met sy ontstaan net drie waardeerde­rs van die Departemen­t van Landelike Ontwikkeli­ng en Grondhervo­rming gekry.

Weens kapasiteit­sbeperking­e moes hy dus staatmaak op private waardeerde­rs, en is die meeste waardasies wat van sy kantoor vereis is, deur die private sektor

gedoen. Luidens die verslag het die waardeerde­r-generaal wel elke waardasie hersien en verseker dat die gehalte daarvan na wens is.

Gavor sê die plan is dat sy kantoor in die toekoms al hoe minder van private waardeerde­rs gebruik sal maak. Die kantoor se interne kapasiteit sal uitgebrei word.

Die kantoor se ongebruikt­e geld is na die volgende boekjaar oorgedra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa