Mark­te

Landbouweekblad - - Inhoud - — JOHAN VAN DER MERWE

Uie­boe­re in die noor­de­li­ke streek le­wer steeds uie aan die mark. Vol­gens mnr. Way­ne Tor­la­ge, di­rek­teur van RSA Mark­a­gen­te in Dur­ban, is die prys vir die bes­te uie steeds so­wat R50 per 10 kg. Mooi, eer­ste­graad­se uie be­haal R35 tot R40 per 10 kg in Dur­ban, ter­wyl pry­se in die res van die land on­der druk bly.

“In Jo­han­nes­burg is die prys ef­fens la­er. Vir mooi uie be­hoort jy R30 tot R35 per 10 kg te kry en vir top-uie R40 per 10 kg,” sê Tor­la­ge.

Vol­gens mnr. Kol­ver M­ü­l­ke, voor­sit­ter van die Noord-Kaap­se Uie­pro­du­sen­te-or­ga­ni­sa­sie, is dit te vroeg om ’n voor­spel­ling te waag vir die ko­men­de so­mer­pro­duk­sie­tyd. “Ons ui­pro­duk­sie is vyf tot tien weke la­ter as nor­maal­weg van­weë die koue win­ter, maar tans lyk die oes goed. Dit is eg­ter nog te vroeg om ’n voor­spel­ling te waag, want die weer kan nog ’n groot uit­wer­king hê op die fi­na­le hoe­veel­heid wat ons be­mark.

“In­dien die prys vir eer­ste graad steeds so­wat R35 per 10 kg is, sal dit maar moei­lik gaan. In­dien ’n boer uie van ge­mid­del­de ge­hal­te pro­du­seer, sal die prys per 10 kg heel­wat minder as R30 wees. Pro­duk­sie­kos­te vir ’n ge­mid­del­de oes is R30 per sak­kie. Hul­le gaan dus ’n ver­lies ly. Ons hoop eg­ter dat die e­ko­no­mie ’n bie­tjie sal ver­ste­wig, ver­bruik sal toe­neem en die prys sal styg,” sê M­ü­l­ke.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.