Nut­tig en nuut

Landbouweekblad - - Inhoud -

Wat help dit ’n boer be­stee baie geld aan pom­pe en an­der e­lek­trie­se toe­rus­ting en hy wil nie nóg geld uit­haal om dit te beveilig nie? Sul­ke goe­de­re is ge­sog on­der die­we en word dik­wels weg­ge­dra of be­ska­dig.

Die ant­woord is ’n ste­wi­ge deur van be­ton wat té swaar is om bloot oop te maak om die toe­rus­ting by te kom. Con­cre­te Doors and Vaults het nou ook ’n op­los­sing vir hier­die pro­bleem en het ver­skeie deu­re ont­werp wat pom­pe en an­der goe­de­re deeg­lik beveilig.

Dit be­staan on­der meer uit swaar skuif­deu­re van tot 3,5 m hoog wat by­voor­beeld by ’n pomp­ka­mer aan­ge­bring word, toe­skroef­deu­re wat oor ’n boor­gat ge­plaas word om ’n dom­pel­pomp te be­skerm, en ’n skuif­dek­sel wat ’n wa­ter­kle p­ver­trek be­skerm. Prys: Pry­se wis­sel na ge­lang van die toe­rus­ting wat beveilig moet word as­ook die af­stand wat dit van­af die fa­briek in Jo­han­nes­burg ver­voer moet word en of die maat­skap­py die in­stal­le­ring doen.

Deu­re kos so­wat R57 500 tot R115 000, toe­skroef­deu­re van­af R20 700 tot R115 000 en skuif­dek­sels van­af R9 200 tot R40 250.

NAVRAE: Dr. Ni­cho­las Pa­pen­fus, sel 082 416 8958 ,e-pos: ni­cho­las@dams­fo­r­a­fri­ca.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.