B­rie­we

Landbouweekblad - - Inhoud -

Min het ons ge­weet dat ons le­wens nooit weer die­self­de sou wees nie toe die te­le­foon die og­gend van 25 Maart 2001 om 06:00 lui. Daar­die op­roep het ons mee­ge­deel dat ons broer en skoon­sus­ter op hul plaas ’n ent bui­te El­li­ot ver­moor is. Daar­die dag het in ’n dwaal ver­by­ge­gaan. Ons was ver­slae, maar diep dankbaar oor hul twee­ja­ri­ge dog­ter­tjie se le­we wat daar­die aand ge­spaar is.

My man, wat sy bes­te vriend daar­die dag ver­loor het, my eie pa en die bu­re wat met stuk­ken­de tra­ne hul­le uit die huis gaan haal toe die po­li­sie klaar is . . . Dít was lank die beeld wat in my kop vas­ge­steek het. Ons was kwaad, hartseer, stuk­kend, woe­dend, en ons het ge­haat. Ty­dens die von­nis­op­leg­ging het al vyf mans twee le­wens­lan­ge von­nis­se ge­kry, maar dit was ’n klein oor­win­ning in die oë van ons wat na ’n leë plaas moes te­rug­gaan en die stuk­ke pro­beer op­tel. My man kon maan­de lank nie slaap nie om­dat hy nie die sma­len­de ge­sig­te van daar­die vyf mans in die hof – een van hul­le ’n plaas­wer­ker – uit sy kop kon kry nie.

Die dui­sen­de vrae van hoe­kom kon hul­le nie net al­les ge­vat en hul le­wens ge­spaar het nie, het ons by­na gek ge­had.

My hart het ge­breek vir my man, in daar­die stil, al­leen tye, wat elke og­gend moes op­staan en soon­toe gaan waar sy broer dae ge­le­de nog kool ge­plant het, sy mie­lies prag­tig op die land, sy melk­bees­te wat elke og­gend wag om ge­melk te word . . . Twee le­wens wat stil­ge­maak is, maar ’n plaas wat aan­hou le­we het, maar on­ge­luk­kig la­ter ver­koop moes word. Nog ’n stuk­kie van my man wat daar­die dag stil ge­raak het.

Be­gin 2017 kom be­soe­kers van Kor­rek­tie­we Diens­te en deel my man mee dat twee van die mans in die tronk oor­le­de is, maar dat die an­der drie nou vir pa­rool in aan­mer­king kom. Hul­le ver­eis eg­ter b­rie­we van ons fa­mi­lie waar­in hul­le kwyt­skel­ding ver­gun word. Weer ’n wroe­ging vir my man. In sy hart het dit hom so lank ge­vat om op die punt te kom waar hy hul­le kon ver­ge­we. As hy dit wei­er, gaan dit nie teen die wil van ons Va­der nie?

Maar daar moet ge­vol­ge vir hul da­de wees. Ons het wel b­rie­we ge­skryf, maar dit baie dui­de­lik ge­maak dat ons meen hul­le ver­dien hul straf en dat ons as fa­mi­lie hul­le geen kwyt­skel­ding gun nie. Dus bly hul­le vir eers waar hul­le ver­dien om te wees.

’N AN­DER ONTHOU

Maar dit is nie wat be­lang­rik is nie.

Eers nou, ná baie ja­re, onthou ek daar­die og­gend heel­te­mal an­ders. Ek onthou al die bu­re en ons fa­mi­lie wat ’n la­er om ons ge­trek het. Die ge­meen­skap van El­li­ot wat ons met lief­de om­vou en saam met ons ge­treur het. Ek onthou ’n kerk wat stamp­vol mense was – mense met om­gee­har­te soos net plat­te­land­se mense kan hê. Ek onthou die plaas­wer­kers wat stil in die kerk ge­sit het en hoe ek ge­snik het toe die voor­man voor in die kerk so mooi in X­ho­sa ge­praat het. Ek onthou hoe seer dit was toe ons die twee kis­te op die plaas gaan be­gra­we het.

Maar tus­sen al die seer het ons ge­kies om ook al die mooi tye in ons har­te te onthou, en daar was so baie van hul­le!

Dit maak my dankbaar dat ek hier kan bly waar ons bly. Ja, daar is nie groot win­kels en die op­win­ding van die s­tad nie, maar dit wat ons hier het, kan geen geld koop nie. Al lyk ons dorp nou soos ’n rom­mel­hoop om­dat die mense wat in be­heer is, al maan­de lank on­der me­kaar ba­klei en dit so maklik is om moe­de­loos te raak, is dit juis die tyd om op ons knieë te bly en nie oor­wel­dig te raak met wat in die wêreld aan­gaan nie.

Dit is vir my die le­we wat ons Va­der vir ons wil hê – om deel te wees van ’n ge­meen­skap waar mense nog vir me­kaar om­gee.

Ja, ons moet be­wus wees van al­les om ons – die ge­weld, die kor­rup­sie, die on­se­ker­heid van die po­li­tie­ke si­tu­a­sie, ve­ral met plaas­ont­ei­e­ning sonder ver­goe­ding. Dit is al­les din­ge wat ons en ons kinders se toe­koms be­paal, maar ons moet nooit ver­geet dat ons Va­der klaar by mô­re is nie. Hy weet klaar wat mô­re gaan ge­beur, en Hy is in be­heer.

Dalk is ek na­ïef, maar ek glo dit met al­les in my, want sonder ons ge­loof is ons tog niks. Dit wys net weer hoe be­lang­rik dit is dat ons as fa­mi­lies op ons knieë moet bly, dat ons as vroue vir ons mans en ons kinders sal bid en vir ons wer­kers en hul ge­sin­ne. Dat ons met dank­ba­re har­te die on­ge­loof­li­ke ge­na­de uit ons Va­der­hand elke dag sal koes­ter, ve­ral vir die dae wan­neer dit minder goed gaan, want dit hou ons ne­de­rig.

Dit breek steeds ons har­te elke keer wan­neer ons blom­me op daar­die graf gaan sit op die plaas wat nou aan ie­mand an­ders be­hoort. Niks sal hul­le ooit weer te­rug­bring nie. Ons treur steeds oor al die ver­lo­re tyd saam hul­le – die leë plek aan ons ta­fel Kers­tyd en dat ons kinders nooit die voor­reg sal hê om hul­le te ken en saam met hom op die plaas te werk nie.

Maar ons bid: He­re, gee my van­dag rus­plek by U voe­te, waar ek voor U groot­heid kan buig en net stil kan word om by U vre­de te vind. ILANA MCGREGOR El­li­ot

FOTO’S: HANO SAAIMAN

AL­LES REG HIER . . . Em­ma Saaiman (3) van Er­me­lo op pad om saam met pap­pa Hano te gaan baars vang, maar sy wou eers se­ker maak dat oom Lou­is Gro­bler se bees­te op die plaas S­mit­hfield kos het (foto bo). Al­les in die haak! Em­ma het la­ter die og­gend haar eer­ste baars ge­vang — met die hulp van haar pa, natuurlik (foto regs).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.