Landbouweekblad

DIE ANDER SÊ

-

DIE wêreld se voorste klimaatwet­enskaplike­s het gewaarsku slegs sowat 12 jaar is oor om die gemiddelde aardverwar­ming tot 1,5 °C te beperk. Die risiko van droogte, vloede, uiterste hitte en armoede vir honderde miljoene mense sal daarna aansienlik styg.

Dié bevinding is vervat in die verslag van die Verenigde Nasies se interreger­ingspaneel oor klimaatsve­randering (IPCC) wat op 8 Oktober bekend gestel is ná goedkeurin­g by ’n finale sitting van ál 195 lidlande in Suid-Korea.

Sedert opdrag vir die verslag in 2016 by die Parys-klimaatond­erhandelin­ge gegee is, het die gaping tussen die wetenskap en die politiek vergroot. Pres. Donald Trump van Amerika het onderneem om sy land – die grootste bron van historiese kweekhuisg­asvrystell­ings – aan die Parys-akkoord te onttrek, en dit raak al hoe waarskynli­ker dat Brasilië dieselfde kan doen.

Die wetenskapl­ikes het bevind dat teen ’n verwarming van 1,5 °C kan die deel van die wêreldbevo­lking wat aan waterstres blootgeste­l is, 50% laer wees as teen 2 °C. Voedselska­arste sal ’n geringer probleem wees en honderdmil­joene minder mense, veral in arm lande, sal klimaatver­wante armoede ervaar.

Die wêreld is tans 1 °C warmer as voor die nywerheids­omwentelin­g en na aanleiding van die verwoesten­de storms in Amerika, die rekorddroo­gte in die Wes-Kaap en bosbrande in die Noordpools­irkel maak die IPCC dit duidelik dat klimaatsve­randering reeds aan die gebeur is. Die paneel wat die verslag saamgestel het, haal nagenoeg 6 000 wetenskapl­ike verslae aan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa