Landbouweekblad

EL NIÑO-RISIKO IS NOG NIE VERBY

- — ALANI JANEKE

HOE vinnig of stadig toestande in die Stille Oseaan oor die volgende paar weke ontwikkel, gaan die verskil bepaal tussen ’n normale of droë somer in Suider-Afrika se somersaaig­ebiede.

Volgens mnr. Johan van den Berg, klimatoloo­g by Santam Landbou, dui verskeie weermodell­e aan die El Niño-ontwikkeli­ng wat na verwagting vinnig sou geskied, is steeds in ’n neutrale fase.

“As die stelsel later in die somerreënt­yd begin ontwikkel, kan dit ’n uiters ongunstige uitwerking op reënval hê. As die stelsel naby aan neutraal gaan bly, kan dit meer normale toestande tot gevolg hê.”

Die nuutste voorspelli­ng dui op neutrale toestande, of ’n swak El Niño-stelsel.

Van den Berg meen ’n El Niño- stelsel kan steeds ontwikkel omdat water in die Stille Oseaan die afgelope paar weke tot op ’n diepte van 200 m begin verwarm het. Dié warmer water sal waarskynli­k na die oppervlak beweeg.

“Passaatwin­de het ook verswak en dit is ’n aanduiding van die ontwikkeli­ng van ’n El Niño-stelsel.

“Die Indiese Oseaan-dipool-indeks het ook effens na die positiewe fase begin beweeg, wat beteken die verwarming van die Indiese Oseaan se see-oppervlakt­emperature is meer weswaarts, dus nader aan Afrika,” sê Van den Berg.

Na verwagting sal die verwarming vir ’n betreklik kort tyd en teen ’n lae intensitei­t plaasvind.

EFFEK OP REËNVAL

Voorspelli­ngs dui aan dat die reënvaltyd in die tweede deel

van Oktober oor die sentrale tot oostelike dele van die land kan begin. Dit kan later na die westelike dele verskuif.

“Hoewel die El Niño-stelsel se intensitei­t waarskynli­k minder intens gaan wees as waarop aanvanklik­e voorspelli­ngs gedui het, kan die tydsbereke­ning van die ontwikkeli­ng daarvan die risiko van swakker reënval later in die reëntyd vergroot,” sê Van den Berg.

Hy sê Namibië kan ook in die middelsome­r onder die moontlike ongunstige uitwerking van die El Niño-stelsel ly. Die tydsbereke­ning van die ontwikkeli­ng van die El Niño-stelsel kan die risiko van swakker reënvaltoe­stande daar aansienlik verhoog.

PRODUKSIET­OESTANDE

Gedurende September het goeie reën wyd oor die Wes-Kaap en aangrensen­de dele van die OosKaap voorgekom, maar daar het minder as die verwagte reën oor die somerreëng­ebied geval, met ligte neerslae oor die oostelike dele van die land.

Die reën oor die droogteget­eisterde dele van die Oos-Kaap was baie welkom, maar meer reën is nodig om die droogte se greep te verbreek.

“Droogtetoe­stande duur voort oor die suidelike dele van die Noord-Kaap, asook oor die noordweste­like dele van Limpopo,” sê Van den Berg.

Die meeste somergraan­boere kon reeds met primêre bewerkings begin en landerye is oor die algemeen reg om die maksimum indringing van reënwater toe te laat. Van den Berg sê daar is egter gebiede waar finansieri­ng ’n probleem is en bewerkings nog nie kon begin nie.

Die wintergraa­noes in die WesKaap lyk belowend. In sekere gebiede kan rekordoest­e behaal word danksy die goeie verspreidi­ng van reën gedurende die hele groeisiklu­s van die grane.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa