Landbouweekblad

AGRI SA KRY JAWOORD VIR SY PLANNE

- — NICO VAN BURICK

AGRI SA se bestuur het in ’n groot mate die groen lig by sy kongres gekry om voort te gaan met sy holistiese plan vir grondhervo­rming en landbouont­wikkeling wat in 2014 saamgestel is, asook finansieri­ngsplanne wat in die volgende jaar opgestel is.

Die klem van die holistiese plan is Agri SA se verbinteni­s tot planne en voorstelle waardeur die landbousek­tor ’n leidende rol in volhoubare grondhervo­rming kan speel, die ontwikkeli­ng van entreprene­urskap en die maatskapli­ke opheffing van plaaswerke­rs en -gemeenskap­pe.

Dit moet strook met die Grondwet, die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan ondersteun en die diversitei­t binne die landbou erken.

Van die elemente sluit in ’n spesiale medium vir die uitvoering van die plan, ontwikkeli­ngsfinansi­ering, vennootska­ppe, ’n maatskapli­ke verdrag, steun vir boere in kommunale gebiede en volhoubare grondhervo­rmingsmode­lle.

Die finansieri­ngplan is op sy beurt gegrond op gesubsidie­erde kapitaal en ’n fonds wat deur die Regering gewaarborg word.

VOORBEHOUD­E

Mnr. Willem de Chavonnes van Agri Noordwes het gevra dat een aspek van die holistiese plan – ’n besluit ten gunste van die reg op die eerste weiering vir die staat wanneer grond te koop aangebied word – verder bespreek moet word. Agri SA moet dan later weer aan die kongres verslag doen oor sy aanbevelin­g in dié verband.

Mnr. Dan Kriek, herverkose voorsitter van Agri SA, het in antwoord op ’n vraag van mnr. Daan Venter van die Vrystaat bevestig die organisasi­e het geen magte om namens individuel­e boere te onderhande­l nie.

Mnr. Ernest Pringle van die Oos-Kaap het gesê distriksgr­ondkomitee­s werk nêrens in die praktyk nie en moet hersien word.

Dr. Theo de Jager, ’n voormalige voorsitter van Agri SA se grondkomit­ee,

het voorgestel Agri SA moet aandring op markverwan­te vergoeding.

Mnr. Jannie de Villiers, uitvoerend­e direkteur van Graan SA, het gevra die klem moet na die inwerkings­telling van die planne verskuif. “Die Regering vra die georganise­erde landbou se hulp met die inwerkings­telling van transforma­sieplanne en ons kan nie dié hand wegklap nie. Êrens moet ons na ’n hoër rat oorskakel om by die inwerkings­telling daarvan te kom.”

Mnr. S.K. Makinana, ondervoors­itter van die Nasionale Wolkwekers­vereniging, het voorgestel Agri SA moet weer sterk standpunt inneem teen die wysiging van artikel 25 van die Grondwet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa