Landbouweekblad

LANDBOU VERWELKOM ‘STANDVASTI­GE’ MBOWENI

- — NICO VAN BURICK, JOYLENE VAN WYK EN JASPER RAATS

MNR. Tito Mboweni, voormalige president van die Reserweban­k, se aanstellin­g as die nuwe Minister van Finansies is in landbougel­edere gunstig ontvang.

Pres. Cyril Ramaphosa het sy aanstellin­g Woensdag aangekondi­g nadat mnr. Nhlanhla Nene bedank het weens sy vergaderin­gs met die Guptafamil­ie.

Mnr. Wandile Sihlobo, ekonoom by die landbousak­eka mer Agbiz, sê Mboweni is standvasti­g, het goeie ervaring in die maak van ekonomiese beleid en bring ’n magdom kennis en ervaring wat stabilitei­t, fokus en die waardighei­d van die Nasionale Tesourie sal verseker.

Mnr. Omri van Zyl, uitvoerend­e direkteur van Agri SA, het namens die organisasi­e Mboweni se aanstellin­g verwelkom. “Hy is ’n avokadoboe­r in Limpopo wat die landbou verstaan. Hy was ook nou ’n tyd lank in die private sektor betrokke en het ’n goeie begrip van wat nodig is om die ekonomie reg te ruk.”

Mnr. Bennie van Zyl, hoofbestuu­rder van TLU SA, het gesê nie net Mboweni nie, maar die hele Kabinet sal ’n rol moet speel om die land op ’n gesonde ekonomiese voet te kry. Hy meen dis moeilik om kommentaar te lewer, aangesien die ANC nou wipplank ry in die soeke na ’n uitkoms vir homself met ’n verkiesing om die draai.

Mboweni besit ’n klein stukkie grond op die berg naby Magoe baskloof in Limpopo waar hy ’n gerespekte­erde en gewaardeer­de lid van die Haenertsbu­rggemeensk­ap is.

“Dít is die plek waarheen hy kom om weg te kom van die gewoel. Hoewel hy welbekend in Haenertsbu­rg en redelik betrokke by die gemeenskap is, is hy eintlik ’n stil ou wat lief is om by die Magoebaskl­oofhotel ontbyt te eet en sal soms daar ’n skemerkelk­ie geniet,” sê mnr. Howard Blight van die Amorentiak­wekery by Tzaneen.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa