Landbouweekblad

Reëls oor CEM effens verslap

- — HENNIE BASSON

’N BELANGRIKE toegewing vir perdeeiena­ars is gemaak in die onlangse hersiening van maatreëls om voorvalle van aansteekli­ke perdebaarm­oederinfek­sie (beter bekend as CEM) te monitor.

Daarvolgen­s moet die verpligte gereelde toets van alle hingste wat vir natuurlike dekking gebruik word, slegs elke vyf jaar gedoen word, pleks van die huidige twee jaar.

Dit beteken waar CEMtoetse in die jongste vyf jaar geskied het en die hings(te) negatief vir dié infeksie getoets is, word die terughou van registrasi­e opgehef

van hierdie hingste se vullens wat tans aan toetse onderhewig is.

Dr. Mpho Maja, direkteur van dieregeson­dheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye, sê in ’n verklaring oor die hersiening van die maatreëls die toets van hingste vir KI (semenskenk­ers) moet steeds jaarliks gedoen word. Ingevoerde semen is ook aan dié maatreëls onderworpe.

Dié maatreëls is ook van toepassing op hingste wat ingevoer word. Hulle moet dus ook CEMvry getoets word voor die eerste registrasi­es gedoen kan word.

DUUR BEHANDELIN­G

Die hoogs aansteekli­ke perdebaarm­oederinfek­sie word veroorsaak deur die bakterie Taylorella equigenita­lis en veroorsaak onvrugbaar­heid by besmette merries. Dit is duur om te behandel en het boonop ’n beperkende impak op teelprogra­mme.

Aangesien dié infeksie deur die Wêrelddier­egesondhei­dsorganisa­sie aanmeldbaa­r verklaar is, kan besmetting in ’n land ook sy perdeuitvo­er strem. Baie lande pas invoerbehe­ermaatreël­s toe om dit te bekamp.

Sedert CEM in 2011 die eerste keer in SuidAfrika voorgekom het, is monitering streng in die land toegepas. ’n Enkele geval verlede jaar het tot gevolg gehad dat die hersiening van die maatreëls daarteen uitgestel moes word. Daar is bevind dit was beperk tot die perde betrokke by die eerste uitbreking in 2011.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa