Landbouweekblad

BESPROEI MAKLIK MET SONKRAG

-

Sonkragaan­gedrewe besproeiin­gstelsels is nou ’n werklikhei­d. Die Grundfos RSI is ’n omskakelaa­r met spoedbehee­r wat sonkrag vir pomptoepas­sing na 400 V wisselstro­om omskakel.

Verskeie pompe, onder meer boorgat en sentrifuga­le pompe, kan in ’n sonkragste­lsel gebruik word.

Na gelang van individuel­e behoeftes word oplossings vir direkte besproeiin­gstelsels en waternetwe­rke na damme ontwerp. Die stelsels kan met netwerkkra­g en kragopwekk­ers ondersteun word.

Direkte besproeiin­gstelsels moet egter met die oog op ’n siklus van sewe tot nege uur ontwerp word omdat die stelsel dadelik die nodige druk moet hê.

’n Sonkragste­lsel bestaan hoofsaakli­k uit die pomp en motor, sonpanele en die RSIomsette­r. Elf modelle is beskikbaar (2,2 kW tot 37 kW).

Akkurate weerstasie­inlig ting, met meer as 50 jaar se klimaatdat­a, is deel van die ontwerpsag­teware. Stelselont­werpe word volgens ’n terugbetal­ingstermyn geëvalueer sodat die boer presies weet hoeveel energiekos­te hy sal bespaar. PRYS: Vanaf R15 697,50.

NAVRAE: Mnre. Etienne Zandberg in die Noord-Kaap, tel. 053 832 3681; Luke Christiaan­s in Gauteng, tel. 011 392 2181; Gerhard Botha in die Suid-Kaap, tel. 044 8780349; en Gerrit Cronselaar in die Wes-Kaap, tel. 021 949 6862.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa