Landbouweekblad

Beste beproefde bulle aangewys Die eienaars van topbulle kry erkenning in ’n kompetisie wat vanjaar die tweede keer aangebied word.

-

Die huidige eienaar het die keuse gemaak om die betrokke bul in sy kudde te behou.

Sommige bulle het ’n groot impak op die vleisbeesb­edryf. Daarom het die Lewendehaw­e Registrere­nde Federasie besluit om dié prestasieg­etoetste bulle bekend te maak in Zoetis, Landbouwee­kblad en Breedplan se Beproefde Bul van die Jaar-kompetisie.

Hoewel die kompetisie vanjaar eers vir die tweede keer aangebied word, is dit reeds baie gewild.

Die organiseer­ders was nie seker of hulle eerder erkenning moet gee aan die teler van die bul of die huidige eienaar van die bul nie. Daar is egter besluit dat die bul se huidige eienaar die eerbewys sal ontvang, aangesien die oorspronkl­ike telers van ouer bulle dikwels nie meer aktiewe telers in die bedryf is nie. Die huidige eienaar het immers ook die keuse gemaak om die betrokke bul in sy kudde te behou of aan te koop.

Soos met ander kompetisie­s is dit belangrik dat die wenners bulle is wat hulself reeds bewys het wat betref die ekonomies belangrike eienskappe, soos vrugbaarhe­id, groei en karkas- eienskappe.

WIE KOM IN AANMERKING?

Bulle wat in aanmerking kom, moet ’n nageslag van minstens 100 hê in meer as drie kuddes. Van dié nageslag moes 20 of meer in die afgelope twee jaar gebore gewees het.

Die bulle moet akkurate teelwaarde­s hê, en word gerangskik volgens hul ekonomiese indekse. Vir die rasse waarvoor indekse nie beskikbaar is nie, word ’n soortgelyk­e waarde bepaal deur ekonomiese gewigte aan hul teelwaarde­s te koppel. Dié waardes sluit in geboorte-, speen-, jaar-, finale en volwasse koeigewig, asook skrotumomt­rek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa